Kobus de Klerk, los dit net!

  • 15

Ek is so bitter spyt dat ek ‘n ding oor geld gesê het in my brief oor afknouery. Ek het goedgunstelik my naam bygesit omdat my hart so seer was. Baie dankie aan Cornelius en Jaco dat julle ‘n iets daarvan verstaan het. Ek dink die geldnoemery het my werklik in ‘n slegte lig gestel - dit sal ek mnr De Klerk gelykgee.

Maar my hemel! Ek is ‘n MA!! Mense skryf hier dat jy ‘n geesvervulde Christen is??? Mnr De Klerk, jy druip net alleenlik van sarkasme. Mens maak maar foute in mens se briewe want eintlik wou ek baie meer sê. Jy tel net die woorde op wat jy teen ‘n mens kan gebruik.
As jy my kind se gesig daai dag gesien het, sou jou hart dalk versag het (nie vir ‘n rokspantkind nie) vir ‘n MA – verdomp! My bure se mans moes gekeer word. Hulle was so verskriklik kwaad oor wat met my kind gebeur het dat hulle self hardhandig wou optree. Die dokter het dan geskrik vir wat hy gesien het. Ek kon mos gods-onmoontlik al die detail in een brief weergee.

My hart is nou net nog seerder. Ek voel baie sterk oor hierdie saak van afknouery. Ek is baie jammer ek het van geld gepraat – dit het my nie betaam nie. Ek is spyt ek het my naam bygesit. Ma’s gaan altyd oor hulle kinders huil. Ek is nie so ongeskik om jou op te som nie want hoe kan ek immers. Ek het jou nog nooit gesien nie, maar jy eien jouself alle regte toe om ‘n mens se hele lewe uit te lê.

Ek voel verskriklik sleg oor die hele ding. Dis vir my ‘n persoonlike taak om hierdie afknouery uitgeroei te kry, sonder sielkundiges of mense wat dink dis ‘n groot grap. Ek weet van vriende se dogtertjie wat in graad 1 effens mollig was. Sy’s so geboelie dat haar ouers haar moes tuis-onderrig. Die afknouers sou haar nooit gelos het nie. Hoe durf jy dink dis deel van grootword!

Ek verstaan ook nie hoekom die geld jou so pla nie? Kan jy nie insien dat dit net alles deel was van jarelange konsekwensies nie. Ek het dit maar net genoem omdat ek nie blaaie vol van al die operasies en trauma kon skryf nie. Hierdie briefwisseling het heel verkeerd geloop.
Die Christene wat ek ken is sagmoedig. Ek gaan nie weer vir jou skryf nie. Jy kan nou maar net sê wat jy wil – voel vry om dit te doen.

Rietha Zondagh

  • 15

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Nee, Rietha, dit is nie vir my wat die geld pla nie, maar vir jou - en ek het jou net daarop gewys - jy self skep die indruk dat die geld die spilpunt is waarom alles draai en jou kind se ervaring sekondêr is.

    Die Christene wie ek nou weer ken, is opregte Christene en hulle gee  goeie, soliede en opregte raad wat die probleem aanspreek met die doel om dit op te los en nie noodwendig wat die aanhoorder wil hoor nie.

    Ek kan verstaan dat jy wil hê dat afknouery end moet kry, en ek het ook nie gesê dat jy verkeerd is daarmee, nie - ek ondersteun jou eintlik. Wat ek wel gesê het - as jy minder emosioneel daarna sal kyk (kan jy hoegenaamd?) - is dit jy ook jou seun se man-wees moet ag ... jy is MA ja, maar hy is SEUN, en HY is die EEN wat afgeransel is en nie JY nie.

    Toemaar, ek het ook twee seuns en ek het al veel erger gesien as twee gebreekte tande waarmee hulle huis toe kom van velduitstappies af. En wat boelies aanbetref, was hulle self belet om enigeen te boelie, maar het hulle die boelies self reggesien, sonder gebreekte tande. Soos hulle gevorder het en hulle groter en meer volwasse geword het, het hulle geleer dat die hande vir skryf en werk en spel is, en die verstand en mond (en darem die hart ook) vir die uitsorteer van die seleksie probleme wat die lewe opdis. Maar, die boelie stadium was wel die voorloper daartoe - deel van die ontwikkelingsfase van die seun. Ek was ook al as ouer briesend vir ander kinders in die proses, maar ek het my beteuel ter wille van my seuns omdat ek weet hoe maklik seuns in verleentheid kom met 'n rokspant-benadering van ouerlike kant af - hoe goed ookal bedoel deur ma en dan eindeloos gespot word agterna - waaraan MA dan agterna niks kan doen nie, omdat haar rokspant-benadering juis die oorsaak is van die spottery.

    Ek dink dit is maar die besef van hierdie realiteit wat jou so ontstel.

    Dus, as jou benadering verkeerd is, sal jy een duiwel vir 'n ander verruil en niks werklik oplos nie.

    Dit is die kern van my raad. maar ek sien jy is eerder 'n ma wat gepaai wil word as om gekonfronteer te word ter wille van jou kind - 'n SEUN, 'n MAN.

    Jy gaan verskriklik te kere en jy duld geen teëspraak nie, al is dit goeie raad.

    Jy stel my teleur - ek het werklik gedink jy sal in staat wees om objektief om te gaan met wat ek vir jou geskrywe het. Hierdie is 'n openbare forum, vir jou inligting - as jy net mense wat met jou konkurreer as gespreksgenote wil hê. moes jy eerder 'n waarskuwing by jou brief gesit het wat waarsku "Ek is 'n MA wat sal HISTERIES raak as iemand met my verskil !"

    Sterkte vir jou seun. en groete vir jou.
    Kobus de Klerk

  • Rietha

    Moet asseblief nie verdwyn oor een persoon jou verkeerd opgeneem het nie.Ons soek bietjie nuwe bloed hier.Die feit dat jy geld genoem het in jou betoog,het dit nie eers by my laat opkom dat dit vir jou net daaroor gaan nie.Jy wou juis daarmee uitwys hoe 'n boelie se optrede op baie maniere 'n klomp gevolge het.

    Ek stem heeltemal saam dat boeliery nie deel is van grootword nie.Ek is ook heeltemal gekant teen enige vorm van ontgroening,want dis maar net 'n ander vorm van boelie,onder die dekmantel van inskakeling en samehorigheid.Dis net so oer en primitief soos boelie.

    Ons is veronderstel om moderne mense te wees in 'n beskaafde samelewing en daarom het jy die volste reg om onder jou eie naam jou kind te verdedig.Dit maak nie van hom 'n mamma se seuntjie nie.Dis juis hierdie soort houding wat tot gevolg het dat boeliery soos 'n bose sweer kook en gis in die duister.Dis hoogtyd dat die sweer oopgemaak word,uitgekook word en aan die groot klok gehang word vir die barbaarsheid wat dit is.

    Die samelewing moet soveel druk op boelies en boeliery sit,dat dit nie eers meer 'n kwessie moet wees nie.Dit moet met wortel en tak uitgeroei word.'n Boelie is 'n boelie en moet nie met handskoene gehanteer word nie!

    Veg voort,want ons het mense soos jy nodig.

    Groetnis

    Perdebytjie

  • George Bekker

    Rietha, met die afknouery het jy 'n belangrike saak aangeroer. Dit is nodig dat ouers en almal wat belang het hulle daarteen verset. Ek wil jou aanmoedig om voort te gaan en volgens jou oortuigings te leef. Jy het een groot fout gemaak, maar dit is nie die fout waarna jy verwys nie. Jou fout is dat jy jou aan De Klerk steur. Ignoreer hom totaal en gaan voort met jou bydraes, wat deur baie gewaardeer word. As Kobus se enigste probleem 'n gebrek aan sagmoedigheid was sou 'n mens dit kon aanvaar. Sy probleem is veel ernstiger en ek sê dit in alle erns. Hy is 'n Christen sonder liefde. Afgesien van die geval Kobus de Klerk is dit amper onmoontlik om vir 'n mens so iets voor te stel, maar sy honderde skryfsels lewer die onomstootlike bewyse vir my stelling.
    George

  • George Bekker

    Rietha, met die afknouery het jy 'n belangrike saak aangeroer. Dit is nodig dat ouers en almal wat belang het hulle daarteen verset. Ek wil jou aanmoedig om voort te gaan en volgens jou oortuigings te leef. Jy het een groot fout gemaak, maar dit is nie die fout waarna jy verwys nie. Jou fout is dat jy jou aan De Klerk steur. Ignoreer hom totaal en gaan voort met jou bydraes, wat deur baie gewaardeer word. As Kobus se enigste probleem 'n gebrek aan sagmoedigheid was sou 'n mens dit kon aanvaar. Sy probleem is veel ernstiger en ek sê dit in alle erns. Hy is 'n Christen sonder liefde. Afgesien van die geval Kobus de Klerk is dit amper onmoontlik om vir 'n mens so iets voor te stel, maar sy honderde skryfsels lewer die onomstootlike bewyse vir my stelling.
    George

  • Cornelius Henn

    Beste Rietha, 

    Geld is toe inderdaad die afknouer se god.  

    Lees gerus hier hoe dit ander al geraak het: http://beta.mnet.co.za/carteblanche/Article.aspx?Id=1921

    Jou ongemaklikheid is juis die boelie se doel.  

    Kobus de Klerk verydel nog altyd die goue reëls van sy eie skynheil fasade met sy giftige menseverhoudings op die werf.  

    Na ? gesoek lank gelede vir raad met giftige mense in die algemeen, ontdek ek toe ? fantastiese boek getiteld Antagonists in the Church – how to identify and deal with destructive conflict.

    Dis geskryf deur Kenneth C Haugk.

    ? Aanhaling omtrent die boek: “Antagonism exists in the church. It leaves in its wake broken lives: people who are hurt, discouraged, and apathetic. Although only a very few persons are antagonists, these individuals have the potential to disrupt and even destroy a congregation's mission and ministry. In this balanced and practical book, Kenneth Haugk shows how congregational leaders can learn to prevent or reduce much of the pain and suffering caused by antagonism; tell the difference between constructive, healthy conflict and destructive antagonism; and cope with antagonism when it arises.” Haugk se definisie van ? antagonis: “Antagonists are individuals who, on the basis of non-substantiate evidence, go out of their way to make insatiable demands, usually attacking the person or performance of others. These attacks are selfish in nature, tearing down rather than building up, and are frequently directed towards those in a leadership capacity.”

    Haugk se kontrolelys vir antagonisme: 1) Is his or her behavior disruptive? 2) Is the attack irrational? 3) Does the person go out of their way to initiate trouble? 4) Are the person’s demands insatiable? 5) Are the concerns upon which he or she bases the attack minimal or fabricated? 6) Does the person avoid causes that involve personal risk, suffering, or sacrifice? 7) Does the person’s motivation appear selfish?

    Haugk stel met sekerheid dat antagoniste een of al hierdie persoonlikhede toon: 1) Negative self-concept 2) Narcissism 3) Aggression (this includes passive aggression) 4) Rigidity 5) Authoritarianism

    Nog 'n stukkie uit Haugk se boek omtrent ons ervaring op die werf: “Antagonists are people viewing the world as a chain of dominant/submissive relationships, or as an unending series of ‘them and us’. In an antagonist’s viewpoint, there are no neutrals, and if you disagree with them, you are an enemy.”

    Enigeen wat Kobus de Klerk nie eer nie is al so deur hom en sy nalopers beledig.

    Haugk se goeie raad: “If you know anyone in the community who evokes this behavior, perhaps you should consider refusing to enable it. Strong people who take the action needed to remove disruptive personalities from a community are less vulnerable to antagonists. Religious leaders have a divine responsibility to remove these destructive people in order to defend the community. Except for removal (which may not be practical), the only other possible counter is to ignore the antagonist. Antagonists feed off attention; they do not care whether it is negative or positive, as long as someone is feeding their desperate need to be noticed and to be the center of attention. In my experience, this works better than removal. Removal, even if you do it by the rules and for good reasons, creates martyrs.”

    Kobus de Klerk bedryf reeds as infernale haagprediker sy huiskerksekte weg van ander gelowiges.

    As jy belangstel, Google of gaan na jou naaste Christelike boekhandel as jy die boek wil koop.

    Intussen stel ek voor dat almal wat tyd het om gereeld op die werf te tik, dan en wan ? kort verwysing na hierdie skrywe maak en verder wy aan opbouende kommunikasie op die werf.  

    Rietha, dankie weereens vir jou moedigheid.

    Jy het meer as genoeg rede om BAIE goed te voel oor jouself!  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Perdebytjie,

    Jy is reg wanneer jy te kenne gee dat Rietha  die reg het om haar seun te beskerm.

    Ek betwis ook nie die feit dat sy so 'n reg het, nie en ook dat die seun 'n reg het, om beskerm te word, nie.

    Dit is eintlik dan net 'n kwessie van hoe daardie reg uitgeoefen word, wat uiteindelik sal bepaal of dit effektief sal wees, en of dit sake net sal vererger vir die lyer - die kind. As dit verkeerd aangepak word, sal dit van fisies na psigies verander en sal die vuishoue na emosionele houe deur volgehoue spottery vervang word. Laasgenoemde is veel erger as vuishoue en is onbeheerbaar.

    Jy is self 'n vrou en beskou die probleem vanuit die hoek van 'n vrou - goed en wel, want die vroue se siening verskaf die broodnodige balans en vars perspektief. Maar, daar is ook 'n man se insette en perspektief net so nodig. Rietha doen dit ook feitlik eksklusief vanuit die vrou se perspektief en dan is sy boonop MA ook en dus emosioneel persoonlik betrokke, wat sal neig dat haar benadering tot die oplossing eerder subjektief as objektief sal wees - en so sien ons dit, hoe goed sy dan ookal bedoel daarmee.

    Wat ek aan die hand doen, is dat Retha haar benadering temper vanuit die oogpunt van haar seun, die werklike lyer - Hoe wil hy die probleem aangespreek, hê? Wat is sy oplossing? Wil hy hê sy ma moet emosioneel betrokke raak? Wat is sy raad oor hoe mens die probleem van afknouery moet aanspreek? Hoe raak die ma, met haar normale moederlike propensiteit om haar kind ten alle koste te wil beskerm, betrokke sonder dat haar seun weens haar beskermende houding en veral, optrede, in die verleentheid kom? Want as laasgenoemde skeefloop, sal hy bepaald agteraf  gespot word  - en die kanse dat dit ooit by haar sal uitkom, is feitlik zero omdat die seun eerder daardie voortdurende vernedering van haar sal weghou as om die risiko te loop om haar te vertel en sy weens haar beskermende aard, weer sal ingryp wat die situasie nog meer sal vererger.

    Ek kan jou verseker - as ma die skool gaan dagvaar, byvoorbeeld, sal daar, afgesien dat sy die risiko loop om die saak te verloor omdat die skool nie in alle omstandighede verantwoordelikheid kan aanvaar vir sommige seuns se wrang manewales nie en ook omdat haar seun self ook waarskynlik sy hande opgelig het en dus ewe aandadig in sy eie skade is, boonop van die afknouer se kant met al sy maters, 'n spottery begin wat sal uitkring en nie weer ophou, nie - iets soos 'seuntjie wat te slapjis is wat agter mammie se rokspant inkruip en  wie se mammie sy sake vir hom moet uitsorteer' tipe van ding. En dit gebeur baie, baie maklik.

    Die beste manier om hierdie kwessie van afknouery te hanteer en oor die algemeen die hoof te bied, is die indirekte manier - naamlik opvoeding deur druk uit te oefen, want die probleem ontstaan nie by die skool nie, maar by die boelie se huis.

    Mens doen dit deur, byvoorbeeld, indirek druk uit te oefen deur die kwessie in die openbaar aan te spreek, juis soos Rietha nou doen, maar nie op so 'n manier dat dit direk na jou eie kind as slagoffer terugwys, nie. Daar moet indirek van jou eie kind se ervaring gepraat word asof dit met ander ook so  gebeur, en daar moet klem gelê word op die negatiwiteit en afbrekende aard van boelie optrede met spesifiek verwysing na die kwessie dat die geneigdheid daartoe ontstaan in die ouerhuis of emosionele probleme wat nie in die huis aandag kry, nie.

    Die openbare media en openbare plekke  - die internet, kletshoekies (chat rooms), twitter, facebook, praatjies by openbare biblioteke in die gemeenskappe, ens. - is magtige opvoedingswapens, wat baie effektief aangewend kan word sonder om 'n enkele slagoffer of afknouer by die naam te noem. Op so 'n manier kan almal met die veldtog identifiseer ne dit ondersteun - selfs die betrokkenes na beide kante.

    Op so 'n manier sal kinders wat boelie, die besef ontwikkel van hul eie negatiewe optrede en dat dit eintlik 'n baie swak refleksie op hul persoonlikheid opvoeding is en juis nie dat hulle 'meneer' is, nie. Die ouers van sulke boelies sal dan, onmiddellik as hulle agterkom hulle kinders is afknouerig, ingryp en so 'n kind se onderliggende probleem aanspreek, opvoed en dissiplineer en en hopelik ook hand in eie boesem steek.

    Uiteindelik sal die probleem deur opvoeding in die openbare media, opgelos of ten minste wesentlik afgeskaal, word. Tot dan, is dit deel van die leerskool van laerskool en selfs dikwels, hoërskool seuns.

    Probeer nou objektief wees, julle twee en probeer die saak insien in die gees waarin dit van my kant aangebied, word.

    En jy is reg, Perdebytjie, ons het mense soos Rietha nodig - maar die Rietha's  van die lewe - dapper mense - moet ook bereid wees om na ander se goeie raad te luister, anders werk hul dapper en moedige openbare optrede negatief uit.

    Groete vir julle.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Lyk vir my jy sal jou ondersteunings basis sal moet verder uitbrei met nog fiktiewe name als net Dolf.  Dit wil vir my voorkkom jou boodskappe dring nie eers deur tot Christene nie.  Soos ek voorheen by herhaling gese het, jy onderskat die lesers se intelligensie.

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Baie goeie beskrywing van jouself hierbo, Kerneels, behalwe vir so 'n paar kwaliteite wat genoem word, wat arme jy ook selfs nie oor beskik, nie. Besef jy dat die goed wat jy aanhaal, presies op jou van toepassing, is? Dis asof jy voor die spieël sit en skrywe.

    Uiteraard, dan volg die persoonlike aanvalle - 'n bekende sielkundige fenomeen by mense wat minderwaardig voel.

    Baie van wat ek hierbo sê, is net so van toepassing op die George' van hierdie forum. George is ook maar 'n persoon met 'n eina ego. Die soort van ouens wat net betrokke raak, as hulle hul brose ego probeer salf smeer deur meer kragdadige optrede en skrywers, soos ek, te probeer afkraak - mens ken hul maklik uit aan hulle temerige, klaerige skryfwerk - mense waarvan die ego te broos is vir teëspraak en dit dan oor die Godsdiens boeg gooi.

    Ouens wat vinger wys na ander, maar wie se eie rekord absoluut skokkend is. Ek weet nie van George nie, want hy skuil agter 'n skuilnaam - maar ons almal weet baie beslis van Kerneels - lees maar gerus vir n vollediger prentjie hierdie skakel van Kerneels.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Wie sê vir jou George is 'n Christen, Jaco? Waar is sy getuienis? Vir al wat jy weet, kan sy van Claassen wees, en is hy 'n ateis, nes jy.  Al beskikbare getuienis is dat hy Christene, soos ek een is, aanval. As self hy een was, sou hy my ook as een uitgeken, het.

    Baie mense, en jy en Cornelius is 'n sprekende voorbeeld daarvan, gebruik die Naam van die HERE om munt mee te slaan, want die HERE het 'n kragtige Naam. Baie mense, soos George, gebruik weer die Christelikheid as 'n slaanding om werklike Christene mee te probeer bykom, terwyl hy self die waardes van Christelikheid en Goddelike Liefde, met sy onbetrokke veroordeling, verloën.

    Maar hoe sal jy dan nou ook weet? Hoe sal jy verstaan? Jy is dan 'n ateis - Halfwas Christene en lou-Christene verstaan dan nie eens, nie, want hulle het geen verhouding met die HERE nie, behalwe net lippediens.

    As jy meer verstaan het, sou jy ook boonop weet ek is nie in 'n politieke rally betrokke, waar ek 'n ondersteuningsbasis benodig, of soek, nie - ons ander, Dolf, Henry, ens. is verenig in die Gees van die HERE - ons ondersteuningsbasis is by die HERE.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Hoekom het jy nie van die begin af die saak so beskaafd beredeneer soos hierbo nie?Jy kan baie sinvol debatteer as jy wil,maar wanneer jy persoonlik begin raak,verloor jy perspektief en bring 'n totale wanbalans na vore.

    Jy het 'n paar baie goeie punte genoem en jou gewone liefdeloosheid het nou glad nie deurgeskemer nie.Dis baie lekker as jy so is,want jy kan goeie bydraes lewer.

    Jy kan ook soms na ander mense se standpunte  luister en besef dat jy nie altyd reg is nie.

    Groetnis

    Perdebytjie

     

     

  • Cornelius Henn

    Hel ou Kobus,  

    Hier gaan ons alweer!  

    Jy spog met: Die soort van ouens wat net betrokke raak, as hulle hul brose ego probeer salf smeer deur meer kragdadige optrede en skrywers, soos ek, te probeer afkraak -  

    Hahaha... en oor 'n maand of wat daag jy met waar het jy jouself so geprys!  

    Kragdadig meen die ou grote Kobus soos hy graag en gereeld na homself verwys...  

    Siestog.  

    Nee ou Kobus, lafhartig is meer gepas vir jou.  

    Ons is almal by verskillende mylpale in die lewe.  

    Jy't nog nooit gehuiwer om minder ervare reisigers te probeer pootjie met jou sogenaamde fenomenale talent om die waarheid skeef te trek nie.  

    Jy't my onderskat ou Kobus...  

    Ja, en hier tik ek jou steeds so al om my kleintoontjie!  

    Ek ken van slange ou Kobus.  

    Hul versigtigheid is beslis iets om van te leer.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius  

  • Kobus de Klerk

    Perdebyjie,

    Laat staan maar die valse neerbuigende houding - ons is niks minder van mekaar verwyderd as tevore, nie.

    Julle egos is maar bitter broos, en voor daar nie salf aan gesmeer word, nie, funksioneer julle blykbaar glad  nie. Wat ek van die begin af gesê het, het dieselfde sin gemaak. Julle egos het in die pad gekom om dit in te sien - en Rietha se oormatige emosionele uitbarsting het tot gevolg gehad dat die gewone klompie met hulle irrelevante paaiery sonder enige konstruktiewe bydrae tydelik weer die gesprek ontspoor en die gesprek het tydelik gestol.

    Hopelik is jy darem weer op spoor, maar Rietha het klaarblyklik op die vlug geslaan - Nou hoe op aarde wil sy vuurvreter in die openbaar speel vir haar saak as sy hier, onder uiters gekontroleerde omstandighede met ’n bietjie teenstand so emosioneel reageer en in snot en trane wegvlug en in die proses ander ewe emosionele snot-en-traneriges saamsnoer wat almal net hulle brose ego'tjies lamenteer sonder om ’n enkele oplossing aan die hand te doen?

    En nou gaan die ou koortjie hieroor ook seker weer in snot en trane losbars sonder om te probeer insien wat ek skrywe - Die vraag is - is Rietha op die regte pad, en is sy opgewasse vir haar kruistog wat haar verseker buite die veiligheid van haar persoonlike gemaksone gaan neem?! Is sy die regte persoon daarvoor? Hopelik, want sy is bepaald gemotiveerd genoeg, maar het sy die durf daarvoor? Mense met brose egos moet liefs uit die openbare konflikgebied uitbly. Hulle raak baie maklik van stryk en van koers af...

    Dit geld eintlik julle almal wat so emosioneel om Rietha losbars.

    Dink daaroor. Moenie in die openbaar kom en vir jou mede gespreksgenote wat van jou verskil in trane toevoeg "Oe! Maar jy is so liefdeloos!" en dan op die vlug slaan, nie. Dan was jy maklike prooi. Verlaat jou knus gemaksone, en jy is in die werklike wêreld, waar die swakkeling nie oorleef, nie en of beledigend en skellend manifesteer soos Kerneels, of na sy knus gemaksone terugvlug. Dit sien ons gereeld hier.

    Kan ons nou probeer om die gesprek weer op dreef te kry, of wil julle eerder julle ego's dokter?

    Cornelius,

    Waarvan praat jy? Wat gaan aan met jou?

    Is jy werklik tot niks beter in staat nie? Jy laat die indruk dat jy obsessief is met my - al waarop jy wag, is om iets vir en oor my te skrywe en dan is dit die grootste spul snert, boonop. Dit lyk of jy werklik nie in staat is om enigsins ’n sinvolle bydrae te lewer nie - jy is obsessief besig om te spartel om my te probeer diskrediteer.

    Asseblief, ek het jou nie onderskat nie, Kerneels, daar is niks om te onderskat, nie.

    Jy is onsamehangend.

    Ek wag steeds vir die verduideliking van waar jy daaraan gekom het dat ek ’n 'pastorieseun' is. Kom, uit daarmee!

    Kobus de Klerk

  • Kobus

     

    Nee wat,daar is geen salf aan jou te smeer nie.Jou ego is te groot om eers 'n kompliment te kan ontvang en verwerk.Ek het dan duidelik geskryf dat jy goeie punte geopper het.Dit was nie met 'n"valse neerbuigende houding"nie,maar werklik omdat ek jou krediet wou gee daarvoor.Blykbaar is dit maar weereens pêrels wat voor die swyne gewerp word!

     

    Moenie eers bodder om hierop te antwoord nie.Ek sal geen van jou griffels ooit weer lees nie.

  • Cornelius Henn

    Dankie JIRRE ek's verkeerd!...   Die duiwel alleen weet waaruit die infernale kragdadige ou grote Kobus de Klerk kom (baie erg eufemisties gesteld)...   ek vra nederig om vergiffenis aan elke pastoriekind op aarde...  diep in die modder, Ekke...

  • Kobus de Klerk

    Perdebytjie,

    As hy dit dan opreg bedoel het, ontvang dan asseblief hiermee my verskoning.

    Dit beteken nie dat ek jou kritiek op wat ek geskrywe het gelyk gee, nie - dit beteken gewoon dat ek my spyt teenoor jou uitspreek dat ek jou opreg bedoelde (ek aanvaar jou woord daarvoor) daad van welwillendheid afgewys, het.

    Agnostici is - en dit is my dure ervaring - nie opreg wanneer hulle 'komplimente' teenoor gelowiges uitspreek nie - dit is gewoonlik maar aas om die gelowige mee te probeer ontspoor agterna. Jou sielsgenoot Jaco en andere voor hom, probeer gedurig daardie deursigtige truuk. Boonop is jou eie antagonisme teenoor my, ook mos darem 'n saak van rekord.

    Dus, my verskoning as jy nie ook werklik so is, nie.

    Natuurlik lees jy my skryfgoed, al sê jy, jy doen dit, nie (kan jy onthou hoeveel maal jy al so gesê, het?). En jy is welkom.

    Hou tog in gedagte - dit raak my mos nie of jy my skryfwerk lees of nie. As jy die dinge waaroor ek skrywe -  Groter as ek - nie lees nie, is dit jou verlies, glad nie myne, nie. Jy moet nog arriveer, waar ek, deur die HERE se genade, baie lankal is.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top