Kobus, Kobus, Kobus ...

  • 26

Liewe vriende en vriendinne,

Ek weet dis erg maar ek't tog gewonder of daar dalk iemand naby is wat die kraan kan toedraai...

Ja, dit gaan oor my amigo in Adam; die ou grote Kobus de Klerk.

Jare gelede reeds het Kobus gewaarsku dat hy met 'n sogenaamde fenomenale talent besete is om die waarheid behoorlik en met opset skeef te kan trek.

Dit oorskry nou reeds alle belaglikheid.

In 'n skaamtelose woernaal onlangs huigel die ou grote (soos hy graag na homself verwys): Waar het ek [Kobus de Klerk] óóit gesê, dat die HERE Jesus Christus nié ons ewige Vader is, nie?  

Wie onthou hierdie leerstuk van Kobus: Godsdiens in die Heilige Gees en Woord van God, is die ware Godsdiens. Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17).

Wie kan hierdie vergeet: Nou waarsku ek [Kobus de Klerk] jou weer, ek gaan jou [Cornelius Henn] finaal mettertyd uitwys as die liefdelose fake wat jy is … en natuurlik is jou skrywes oor my, olie op daardie vuur wat jy aangesteek het vir jouself. So, wees gewaarsku – jy kan nou al uit die Woord begin om jou liefdeloosheid te probeer regverdig. Wanneer ek jou klaar uitgewys het, wanneer die tyd reg is, sal jy ’n negatiewe geloofwaardigheidskurwe hê, wat jou in werklikheid sal weerspieël. Jy ly aan ’n siekte – jy borrel en gorrel sonder ophou, die mees onsamehangende, liefdelose snert – alles peul uit jou binneste uit omdat jou eie selfbeeld só aan flarde is. Intussen – ’n uitnodiging aan jou – Verbasend genoeg haal jy gedurig my aan, waar ek skrywe ‘Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei’. Jy haal my natuurlik korrek aan, en dit is steeds verbysterend dat jy nie kan insien dat daardie woorde van my een honderd persent in akkoord met die Woord is, nie. Hou maar gerus op om jouself te verwar, met onsamehangende kontekslose verwysings na die King James Bybel.

Ja en hierdie demonstrasie van Kobus se berugte spirituele intelligensie: Cornelius kan ook nie verstaan wat ek sê, wanneer ek [Kobus de Klerk] uitwys dat Jesus Christus nie die Hemelse Vader is nie, maar die Woord van die Vader. Wanneer hy my dus hieroor aanhaal, laat hy hierdie laaste deel van my uitwysing uit, want dit verleen perspektief aan wat ek sê en dít pas Cornelius nie.

Dis slegs enkele aanhalings uit jare se neerhaal en vervloeking aan my omdat ek bely dat Jesus Christus ons Hemelse Vader is (...of veronderstel Kobus dalk dat Hemelse Vader en Ewige Vader twee verskillende gode bedoel?)  

Maar wag, daar's nog!

Na aanleiding van die huiskerksekte hoëpriester se aandrang op die werf oor die geldigheid van Ou Testamentiese wette, vra ek toe vir Kobus wanneer hy eendag vir Adele Den Dulk om vergifnis gaan vra na sy oneervolle en geldgierige uitbuiting van haar weerloosheid?... soos daar geskrywe staan: Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen (Deut 27:19)...

Nodeloos om te seg maar 'n vloek van 'n duisend woorde plus tref my toe... en so tussen als tik Kobus: Jy [Cornelius] weet mos dat jou opgesmukte ‘aanklag’ teen my [Kobus de Klerk], (oor iets wat jou glad nie aangaan nie, terloops) ’n leuen is. Gierig was ek nie en is ook nie nou, nie en as jy wil voorgee dit is gierig vir ’n prokureur om geld te vra vir sy dienste en wat hy dan neem met nogal die skriftelike toestemming van sy kliënt, dan is jy verkeerd en kwaadwillig. Dit wat ek wel verkeerd gedoen het - om die hofbevel nie te gehoorsaam nie, al was dit ter wille van my kliënt - is ek voor gestraf, want dit wás verkeerd van my.  

Siestog die ou Kobus, dat hy nou sou erg gestraf moes word net omdat hy nie 'n hofbevel gehoorsaam het nie... kanse is natuurlik honderd persent dat die naïwelinge om hom glo dat hy nie eens geweet het van die bevel tot dit hom getref het nie... maar nou ja, sommige van ons was al in die binnekant van 'n hof en het darem so naastenby 'n idee oor hoe die proses daar verloop...

Maar voor hy nou heeltemal op loop gaan met sy geskubde spirituele intelligensie en fenomenale talent om opsetlik die waarheid skeef te trek, soos om weereens hierdie keer voor te gee dat ek nou kwansuis 'n probleem met iemand se professionele fooie het, vra ek hom om net eers weer te verduidelik hoekom en waaroor was daar in die eerste plek 'n hofbevel wat hy so 'onskuldig' geminag het!  

Kom ons kyk maar eers hoe woer-woer die ou grote met my voor ek die nodige skakels plaas.

En so sal dit seker nog jare aangaan... tensy iemand 'n ctrl-alt-del iewers ontdek...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 26

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Jou kwelsugtigheid ken geen perke, nie, Kerneels. Wie steur hulle nog aan jou? Het jy ’n baie kort geheue, het jy vergeet hoeveel keer jy al die sogenaamde ‘skakels’ geplaas het? En die kere wat jy dit gedoen het, het mense met verstand en insig by die oordrewe sensasie verby gelees en agtergekom dat ek toe na alles nie so bedrieg en lieg en steel, soos jy kwaadwillig te kenne gee, nie, maar dat ek vir ’n ander fout gestraf is, wat ek verkeerd gedoen, het. Wat het dit jou teo gebaat gebaat? Sal dit jou nou baat? Wat help jou waansinnige manifestasies jou?

    En dan is dit natuurlik ook weereens maar ’n aanduiding van jou desperasie om my te probeer diskrediteer. Hoe erger jy egter aangaan, hoe meer diskrediteer jy jouself, maar jy het nie die insig om dit te besef, nie.

    Ek is immuun teen jou sinnelose en kwaadwillige gekarring en dit moes jy darem sekerlik al teen hierdie tyd agterkom.

    Hier is ander mense, wat dieselfde skakels as jy gelees het, máár met integriteit en kennis, waarvan jy oor geeneen beskik nie, wat ook kommentaar gelewer het en op wie se objektiewe kommentaar mens kan ag slaan.

    En daarmee is dit afgehandel, wat my aanbetref.

    Maar aangesien jy so graag ander mense – dit is nie net vir my, nie, maar ook al Tant Alie en Erika en Dolf ens. - takel en slegsê omdat jy so gereeld uitgewys word as ’n manifestasie van leuenagtigheid en agterbaksheid en spirituele en ander onbegrip en onbeholpenheid, moet ons kyk wie is die mens wat sulke dinge doen. Wat is sy integriteit? Dit is nou jý, Kerneels.

    Ter aansluiting by die collage van waansin van Cornelius (deel1; deel 2; deel 3; deel 4; deel 5; deel 6), die een wat homself op hierdie forum so geredelik ongevraagd by enige ordentlike gesprek inwurm en dan met groot hatigheid en nydigheid lostrek met persoonlike aanvalle wat niks te doene het met die gespreksonderwerp nie, op almal wat hom nie aanstaan nie – dit is nou, ware gelowige mense. Om weereens vir die sóveelste maal sy insigloosheid in Spirituele sake uit te wys in detail is sekerlik teen hierdie tyd nie meer nodig nie.

    Vryelik swaai hy die ekskresie wat by sy mond uitpeul, dan oral rond. Die feit dat hy nie feite het waarop hy sy kwaadwillige gemors kan baseer nie, skrik hom nie af nie, want hy maak hy dit sommer op.

    Hy laat my dink aan die wrede outjie met die stomp vingertjie waarmee hy in almal se rigting beskuldigend en aanvallend beduie, maar wat nie besef dat al die ander, die langste vingers aan dieselfde hand, na hom terugwys, nie.

    Ek gaan nie stories opmaak of vererger oor Cornelius, nie. As daar nie feite was om te noem, nie, bly mens stil – jy fabriseer nie dinge soos wat hy graag doen nie. Maar hoe lyk sy eie rekord?

    Ek gaan net perspektief gee aan dié kwaadstoker en leuenaar sodat mense moet weet met wat hulle hier te make, het – en ek gaan sy eie woorde gebruik, nie my eie versin, soos wat hy maak, nie. Hy versin goed, want hy het nie feite om op te steun, nie. Ek sal nie soos hy maak, nie. Ek sal die feite weergee, soos met die collage van waansin wat handel oor sy waansinnige spirituele en religieuse lastering, dus, soos hy hulle self omtrent homself by geleentheid in ’n  waansinnige gespog met homself, aangebied, het.

    Die rekord van sy gruwelik bravade is ’n tweeledige brief getiteld “Die dag toe ek 'n bakkievrag tuiswagte in hulle moer geskiet het” wat hy in 2008 geskrywe het en hier volg enkele uittreksels:

    “Aan die buitekant van die dubbel-tienvoet-doringdraadheining om Oshakati was die sogenaamde tuiswagte ontplooi. Dit was locals wat met R1-gewere deur die SAW uitgereik is. Hulle sports was om gesuip te raak en dan teiken op ons (kanon)torings te skiet … Met ons wyn klaar en "Snowdrops en Daffodils" se neurie nog in die lug, besluit die tuiswagte skielik dis tyd vir hul sports. Tracers wat deur die nag se donker in strepe fluit en die gerat-rat van gewere op A, breek die nag se stilte. Die volgende oomblik brand ons toring soos  kers. Hoog de moer in en tussen al die strepe van tracers om ons klim ons boontoe om die brand te blus. Ek hoor hoe die bliksems lag en strip net daar finaal. Ons gryp die seile van die kanon af, gooi die gun op A vir army, kry   bakkie vol tuiswagte in die visier, trap die pedal en die 35mm dubbelloop Oerlikon begin te blaf. Dis net headlights en taillights wat spat waar jy kyk … Ons besluit eenparig dat die bliksems duidelik sigbaar met 81mm Stalin-orrel in ons teikengebied was. Daar was nie tyd om te radio nie, net skiet. So staan dit vandag in die annale - Stalin-orrel in die teikengebied, niks tyd om te radio nie, net skiet. Die volgende dag was daar nie teken van die bakkie of sy insittendes nie. Die locals begrawe glo onmiddellik in die warm en bedompige noorde van Suidwes.”

    “Naby aan ons drie maande verby besef ons toe op ­’n  dag dat ons kat baie eensaam gaan wees wanneer ons terug gaan States toe. Ek stel voor dat ons hom maar uit sy moontlike verlange moet verlos en stuur ­ tracer bo by sy kop in reg voor my voete. Dit was een van ek en Hemming se grootste skrikke. Oë toe en met tande wat wys storm hy op sy agterpote al sissende in my rigting. Agt skote later rus die ou eers!”

    “Met die adrenalien wat so ’n bietjie gesak het, besluit Hemming hy wil vir my wys hoe ver hy kan raakskiet met die R1-swaarloop bo van die toring af. Ek staan op die grond. ’n Ama-bok-bok staan en wei sowat ’n honderd meter weg bo in ’n doringboom in die rigting van Oshakati se huise. Met die swaarloop op A vir army en oog teen die teleskoop, trek ou Hemming los. Dit was net takke wat waai. Die weiende bok se onderkaak skoon weggeskiet! Toe die bok val, storm ek met ’n dixie-mes in die hand agterna om die bok te dood. Intussen het Hemming op die toring herlaai en saai die koeëls in die vlugtende bok se rigting. Ongelukkig tref hy die hond noodlottig kort agter my. Dit was net een tjank en ’n stofwolk toe ek omkyk. ’n Draai na links en ’n swenk na regs en ek het die bok plat.”

    “Week terug in die States en ek verloor my eerste job. My bestuurder in die invorderingsafdeling van die Barclay Kaart-afdeling in Pritchardstraat het glo onseker gevoel oor "die trek in my oë". Sy naam was Craig en hy was   groot, vet, erg oorgewig Jood.”

    Trek in Cornelius se oë… was die refleksie van waansin daarin só erg dat hy sy werk daaroor verloor? Maar toe ek die nuutste foto van Kerneels sien wat hy op sy profiel plak – die glimlag is daar, maar die kil, steurende uitdrukking in die oë weerspreek die glimlag, herinner die uitdrukking in daardie oë my toe weer aan dié petalje en die inhoud van hierdie siek brief van Cornelius en toe weet ek… ‘vet, erg oorgewig Jood’ Craig het straks tóg gemeen dit is wys om eerder proaktief as reaktief met Kerneels te werk te gaan.

    Die verhaling van die bakkie met die tuiswagte – plaaslike siviele mense wat deur die Suid-Afrikaanse weermag bewapen is om hulself teen insypelaars te beskerm - wat summier deur Cornelius afgemaai is, kom natuurlik neer op die ergste graad van oorlogsmisdadigheid. Hoekom is hy nie vervolg daaroor nie? Want op sy eie weergawe het hy die militêre owerhede bedrieg met ’n vals rapport oor die voorval – daardie versinsel oor die sogenaamde Stalin orrel (noemnaam vir ’n Russies vervaardigde multi-vuurpyllanseerder). Hoekom ’n vals verklaring? Want hy was terdeë bewus van die ongeoorloofde en misdadige aard van sy optrede en dat hy geen verweer had vir die massamoord op die bakkie se insittendes, nie – dit was veral nie selfverdediging nie, want op sy eie weergawe was hulle nie in die kanontoring toe die wagte teiken geskiet het daarop, nie. Dus, sy lewe was glad nie in gevaar, nie. Maar sy waansinnige en moorddadige reaksie, spreek vir sigself.

    Só, hy het daarmee weggekom … deur die owerhede te bedrieg met die versinsel van die fiktiewe Stalin orrel. Of het hy? Het hy werklik weggekom? God sien alles …

    Aanvanklik het ek, soos dit my natuur is, hom jammer gekry en gemeen dat hy onder militêre omstandighede op die ingewing van die oomblik verkeerd opgetree het. Maar by verdere nadenke, besef ek,  dat hy sedert 1981, toe hy die gruwels gepleeg het, totdat hy dit in 2008 weer met soveel smaak en beskrywende byvoeglike naamwoorde herhaal het – ongevraagd – vir almal om te lees, dus oor die bestek van 27 jaar, in al daardie jare nie die geringste besef van die verkeerdheid van wat hy gedoen het, kon ontwikkel nie, berou kon toon, nie, amper soos ’n waansinnige psigopaat en vertel hy dit steeds asof dit die plaaslike opwindende sportgeleentheid is wat hy oorvertel.

    Om sy wreedaardige persoonlikheid verder te illustreer, vertel hy met ewe veel smaak hoe hy die troetelkat (hy verwys na ‘ons kat’), wat in die eerste plek na hom gekom het vir versorging en koestering, eenvoudig op die wreedaardigste manier koelbloedig met sy militêre geweer afgemaai, het. Óók, weereens absoluut géén berou of besef van kwaad, nie.

    Hierby sluit ook die weersinwekkende storie oor die gekweste bok, aan. Of die manier hoe die bok uiteindelik tot sy einde gekom het, waar is, is te betwyfel, want ons almal wat al gejag het en ’n bok gekwes het, weet, dat jy nie só ’n bok eiehandig gaan vasgegryp kry nie, want ’n af kakebeen is nie dodelik nie en hulle hardloop baie vinnig en baie vêr van jou af, weg (insiggewend ook dat hy nie die soort van die bok vermeld, nie en ook geen verduideliking wat ’n wilde wildsbok só naby ’n spul mal-skietende mense, soek deur daar te staan en wei, nie, sodat daar darem ’n skyn van geloofwaardigheid aan kon wees). Dus, dié gekweste bok storie is waarskynlik ’n groteske, maar siek, leuen. En al is dit ’n leuen, is dit weersinwekkend dat iemand soiets wreed en onmenslik uit sy krioelende siel sal wil opdiep om te vertel vir die waarheid en as vermaak. Net ’n siek siel sal soiets doen óf as dit ’n leuen is, dit uitdink.

    Nou is dit 2012 … Steeds geen berou, geen besef van verkeerdheid nie, maar sy vinger en sy vuil lasterende tong swaai gedurig rond om ander en selfs vir God, te belaster en valshede oor te verkondig, asof hy ’n siek behae daarin vind…

    Dit is wie Kerneels Henn klaarblyklik nou nog, is.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Dis ’n eer om skuldig te wees in jou kammahof op die werf!

    Jou skuld in ’n regte hof is niks om op trots te wees nie -  en naas al jou belediging en neerhaling aan ander - sal jou die waarheid van wie dit kom op die muur gegrafeer word.  

    Ek het jou ook al menigmaal gevra om die bronne in jou self geflanste collage van waansin te toon sodat enige redelike mens wat jou nie eer nie die self die verband van jou aanhitsing daarin kan bepaal (soos ek hierbo met jou aanhalings gedoen het).  

    Die ander mense wat dieselfde skakels as ek gelees het en jou eer het vanselfsprekend integriteit in jou waansinnige narsisties en geskubde spirituele intelligensie - dit was nog nooit anders nie.  

    Die skande is egter dat jou nalopers nes jy ons regstelsel probeer verdag laat. 

    Ek glo daar is menige skynheilige dweper soos jy wat as "man van genade jou medemens help en agterna gekruisig word".  

    SIES!  

    Algemene kennis en in eenvoudige taal beteken ’n strafbare misdryf wanneer daar bedoeling en voordeel vir die misdadiger in sy daad is.  

    Dis ook ’n strafbare misdryf waar iemand se nalatigheid skade aan ’n ander veroorsaak. Sulke misdade verander ’n persoon se status na oneervol en misdadiger.  

    As iemand bloot nalatig is soos byvoorbeeld om te vergeet om geld in ’n parkeermeter te gooi, dan word die persoon beboet - die persoon se status verander nie na misdadiger of oneervol nie.  

    Nou ja Kobus, uit my verduideliking hierbo blyk dit dat jy duidelik ’n bedoeling met en voordeel uit jou daad gehad het, of nalatig was en ’n ander erge skade berokken het.  

    Jy het nie bloot parkeergeld vergeet nie - daarom is jy van die rol vir eerbare prokureurs geskraap!  

    Enigeen wat wonder kan meer hier lees.

    Dus, die steun wat jy ontvang om ons regstelsel verdag te laat is ewe lasterlik teen wetsgehoorsame burgers en die goeie orde van ons samelewing.  

    Tensy Kobus, en hierin nooi ek jou heelhartig; bring vir my ’n saak in die algemene reg waar ’n persoon skuldig aan ’n misdryf was terwyl die persoon geen bedoeling gehad het om oneerlik te wees en/of geen voordeel daaruit gehad het nie.  

    Of bring enige saak waar iemand nalatig was sonder skade veroorsaak en toe meer as net ’n boete opgelê is.  

    Dis deel 1.  

    Jy gee geen verdere verduideliking oor hoe ’n mens die volgende uit jou spirituele intelligensie moet verstaan nie: "Jesus Christus is nie ons Hemelse Vader nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader".  

    Dis steeds die grootste onsin wat jy nog in jou spirituele intelligensie kwyt geraak het.  

    Probeer weer ou Kobus.  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Mense kan die collage van waansin se oorspronklike briewe baie maklik opspoor via die soekfunksie en dan die briewe maklik so opspoor - ontken jy dat jy die goed geskrywe het wat ek verbatim aanhaal?

    Kom, vertel vir ons - ontken jy dit?

    En, op die skakel wat jy plaas,. staan dit duidelik  - "Still a Supreme Court judge saw fit to end De Klerk's career as an attorney, saying he could only conclude that the attorney had 'spent trust monies unlawfully, contrary to a court order'” Of is jy so waansinnig dat jy selfs die regter wil weerspreek?

    Terloops, oor die "He (regter) could only conclude" - ek was onbewus van die hofverrigting en derhalwe afwesig en het dus nie die geleentheid gehad om myself te verduidelik nie en had ook nie regsverteenwoordiging, nie.

    Maar die relevansie van jou snert en kwaadwillige antwoord hierbo is dat jy steeds nie insien wat jy verkeerd gedoen het en steeds doen, nie, en steeds maak asof dit in orde is, en steeds jouself regverdig in jou waansinnige optrede toe en nou en steeds jou stink vinger van valse beskuldiging in almal anders se rigting swaai, ten spyte daarvan dat jy nou weereens 'n geleentheid gehad het om te besin, te verootmoedig - jy is waarlik waansinnig en integriteitloos.

    Maar dit is nie waar jy stop nie - nou belaster jy ander onskuldige mense ook

    Ek moet jou waarsku, Cornelius, dat ten minste een van die 'slange in dieselfde nes wat die hele regsprofessie se gewete verdag laat', soos jy die regspraktisyns met jou onbeheersde tong in 'n ander kommentaar van jou belaster en nou met die valse bewering hierbo weereens belaster dat hulle die regstelsel kwansuis 'verdag laat', ’n baie bekende en gerekende praktiserende prokureur is wie dikwels in die media is... jy sal jou rieme waaragtig binnekort styfloop met jou wispelturige, onbeteuelde en onbewysbare kwelsugtige en kwaadwillige belastering van onskuldige mense ...

    Jy moet maar net hoop dat hy/hulle nie hierdie flagrante lastering raaksien nie, want hy/hulle lees gereeld op hierdie forum en is derhalwe ook identifiseerbaar vir die publiek ... of het jy vergeet dat hierdie ’n openbare forum, is? Ja, jy gaan sekerlik jou rieme geweldig styfloop - jou tyd is naby - want jy is absoluut roekeloos en onverantwoordelik met jou belastering teenoor mense wie jou geen leed of kwaad aangedoen het, nie en wie jy nie eens persoonlik ken, nie - bloot omdat hulle objektiewe, kundige en sinvolle kommentaar ter opheldering van my situasie gelewer het uit die oogpunt van kundiges.

    En die 'wetsgehoorsame burgers' waarna jy hierbo verwys.... jy verwys tog sekerlik nie na jouself, nie? Soos hierbo blyk, het jy 'n paar gruwelik misdadige goed op jou kerfstok wat nog vir jou lê en wag, en wat my situasie wel in vergelyking laat lyk asof ek net parkeergeld vergeet het! 'n Ander skrywer het gevra of jy ooit vervolg is vir jou misdade en indien nie, waarom nie? Ek het hierbo natuurlik verduidlik waarom nie - want jy het bedrog gepleeg met jou valse verklaring oor wat gebeur het (daardie stalin orrel storie)... maar,  soos daardie ander skrywer gesê het,  jou magsnommner is bekend... en miskien sal die Namibiese regering belangstel om te weet wat aangaan dat hulle burgers summier afgemaai is deur 'n "vriendelike" magslid en dan ook, soos hulle met ander oorlogsmisdadigers gedoen het, te verhoor en verder mee te handel.

    Kobus de Klerk

  • Cornelius,
    Waar is jou gebruiklike “Maar nogtans vergewe ek jou….., jou Amigo ….” vir Kobus dan nou? Of is die kwessie dat jou sogenaamde vergiffenis net so verdwaald soos jou “mengelmoes-kardoes” godsdiens is, waarvan die “terme” ook ‘n kort geheue is – soveel só, dat jy gereeld ( in dié geval, Kobus) se “sonde” elke keer ter verdediging vir jou eie idiotisme na vore moet bring, net om hom dan weer te vergewe – sekerlik met die bedoeling dat almal wat hierdie forum lees, “ou vergewensgesinde Cornelius”, kan leer ken? Of watter rede kan daar tog wees vir jou om gedurig Kobus se skraping van die rol op te bring? Kan dit dalk wees dat jy weereens uitgevang is as leuenaar en as iemand wat nêrens heen op pad is, uitgewys is? – en nodig het om júis, weer-en-weer, Kobus se skraping op te bring om sodoende jou eie minderwaardigheid en valsheid mee te probeer verberg?
    Daarmee het ek geensins nodig om Kobus te verdedig nie – hy is heeltemaal opgewasse genoeg en jy gaan al weer pakslae kry.
    Jy is ‘n grap in jouself en vir jouself.
    Dolf

  • CorneliusHenn

    Kobus, jy boog op: "Ek [Kobus de Klerk] is immuun teen jou sinnelose en kwaadwillige gekarring en dit moes jy darem sekerlik al teen hierdie tyd agterkom."  

    Ja Kobus, in die algemene omgang noem 'n mens jou soort "immuniteit" teen my veronderstelde onsin en kwaadwillige gekarring, gewoon gewetenloosheid.  

    Ek't nie gedink jy sal jouself so onbetwisbaar omtrent jou eerloosheid uitdruk nie.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Jou gogga maak vir baba bang soort intimidasie werk miskien op die ongelukkiges om jou.  

    Ek skrik nie vir jou koue pampoen nie.  

    Derhalwe, enigeen wat met jou boosheid simpatiseer moet maar die skoen pas as hulle wil.  

    My bydraes is in antwoord op jou eentonige haatspraak.  

    Soos ek reeds verduidelik het: misdaad het bedoeling om skade te veroorsaak met  voordeel vir die misdadiger daarin.    

    Ek is nog nooit skuldig bevind aan enige misdaad nie.  

    Ons reg bepaal dat iemand onskuldig is totdat hulle skuldig bevind word - soos jy tans op rekord staan Kobus.  

    Wie is jy om alle reg en orde so te wil verdraai Kobus?  

    Jy is die een wat ander belaster ou Kobus.  

    Jy is die een wat die beslissing van 'n regter in jou kammahof op die werf verdag maak.  

    Jy is die een wat ander se harte in God in jou anderhaat neerhaal Kobus. 
     
    Enigeen wat daarmee simpatiseer, en dit sluit jou dissipel Dolf in, krioel saam in jou nes.  

    Jy is inderdaad 'n weldeurdagte en besete boef Kobus de Klerk!  

    Probeer gerus maar jou kwaadwillige litigasie as jy wil ou Kobus - ek wag vir jou... 

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Jou amigo in Adam,

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Soos ek reeds te kenne gegee het, het ek aanvanklik vir Cornelius in die bres getree. Nadat ek destyds die briewe gelees het, het ek dadelik besef dat dit ’n siek siel is wat só optree soos wat hy in sy briewe geskrywe, het. Op daardie stadium alreeds, was ek en Cornelius alreeds behoorlik haaks oor sy valse religieë. Maar omdat ek die dinge wat Cornelius doen afkeur en as verkeerd oordeel, en nie vir Cornelius as mens nie, het ek gevoel die veroordeling wat hy as gevolg van sy briewe van die destydse webmeester en ander ontvang het, was onredelik en verkeerd, omdat die vertelling gebeure weergee wat 27 jaar in die verlede plaasgevind het en gemeen het hy het intussen herstel en besin en dat hy nie nou weer daaroor gekasty behoort te word, nie. Ek het die standpunt ingeneem dat kritiseerders nie ’n idee het wat blootstelling aan gewapende konflik en die realiteit van die dood, die reuk van die dood, die aanskoue van stukke uitmekaar vermorselde mensvleis, die wanhopige geskreeu en geweeklaag van 'n gewonde makker, aan goeie, ordentlike mense doen nie, dat mense nie vinnig moet wees om mense wat dít deurgemaak het, te oordeel nie, dat dit die resultaat van haat is, waarby onbetrokkenes deur omstandighede tot betrokkenes gedwing word ... en ook dat dié haat, voortdurend ook op dié forum aangeblaas word, al is dit indirek. Ek het ook my standpunt gestel dat mense verantwoordelikheid moet neem vir wat hulle sê en doen – ook natuurlik Cornelius.

    Cornelius, kan ek onthou, was verbaas oor ek vir hom in die bres getree het, gesien dat ons reeds baie haaks was oor sy waansinnige en lasterlike uitlatings oor Godsake.

    Maar toe ek mettertyd Cornelius se reaksie op die kritiek sien, het ek tot my uiterste ontnugtering besef dat niks aan Cornelius verander het nie, ten spyte van 27 jaar wat verloop, het. Dit was 2008, 27 jaar later en dit het steeds net oor Cornelius Henn gegaan met géén besef van die kwaad en verkeerdheid van die gruwels – die  dieremishandeling en moord op die plaaslike bevolking (tuiswagte in die bakkie wat hy aan flarde geskiet het met die Oerlikon lugafweer kanon).

    Hier is uittreksels van ander se kritiek en dan Cornelius sy eie reaksie daarop:

    Ene Pieter skrywe heel bedeesd aan Cornelius : “Moes jy die kat skiet?” En net so bedeesd antwoord Cornelius: “Miskien was dit ? erge empatiese ervaring. As jy weet hoe die brandende verlange huistoe intens binne my gepyn het, sal jy verstaan dat geen mens dit vir enige iets anders op die aarde toewens nie. Ek kon die gedagte van die kat se verlange nie uitstaan nie. Pieter, ek is jammer!” –

    Pieter, ek is jammer, sê Kerneels… Hier is dit die verlange huis toe wat hom tot massamoord en dieremishandeling drywe (hoewel hy juis op die punt gestaan het om huis toe te gaan toe hy die kat afgemaai het )…en die hoop vir hom, dat hy tot inkeer gekom het, vlam op want hy sê, ek is jammer (al is dit net oor die kat). Dit herinner pertinent ook weer aan die Waarheid in die Woord eb is so beskrywend van Cornelius se situasie, waar die Woord uitwys dat  die regverdige die natuur van sy dier ken, maar selfs die barmhartigheid van die Goddelose, is wreed (Spreuke 12:10).

    Maar die 'bekentenis' het gou weer ontspoor… weereens beskaam die hoop met Cornelius gruwelik. Toe daar iemand kom wat hom nié so vriendelik aanspreek nie, die Cornelius-ego dus streel en spaar, nie, toe bars dit wat werklik in daardie binneste skuil, weer uit: ’n Ooglopend ontstelde persoon, wat onder die naam John Logan geskrywe het, is minder taktvol en raak in sy ontsteltenis die volgende kwyt: “… oor wat julle alles aangevang het op die grens: as ek God was, het ek jou stadig laat sterf met 'n koeël in die keel net oor wat jy aan die kat en hond en bok gedoen het. What goes around, comes around.”

    Maar, anders as sy reaksie op die meer ego-strelende benadering van Pieter, bars Cornelius met gebruiklike onbeteuelde woede as volg los: “Ja, jou ou poephol, as jy God was het jy ons almal harig, stompsinnig en stertjies wat waai geskape. Siestog ... Dan sou jy ons boonop almal in hokke in die dieretuin gesit het, nè ... Mense wat liewer vir diere as mense is, is sielsiek! Ek was nog altyd lief vir diere. Ek is die enigste duiweboer wat ek van weet wat ? kat gehad het wat die hok beskerm het teen ander katte. Tog slag ek byna al die diere self wat ek eet. Ek het nog nooit ? dier meer as ? mens geag nie.”

    Wat ’n verbysterende reaksie – weg is die “Pieter, ek is jammer” en dit word vervang met skeltaal en beledigings en… selfregverdiging en valse beskuldigings!

    Feit is, Cornelius ag blykbaar ook nie die mens hoër as die dier, nie, want hy het ’n bakkie vol mense (aan sy eie kant) met klaarblyklik minder meegevoel as vir die kat maar netsoveel drif en genot afgemaai, as die kat en toon net so min berou… of dalk minder as vir die kat. En dan wonder mens, hy spog hy is die enigste duiweboer wat ’n kat gehad het – gehad het? Wat het van dié arme kat geword? ’n Mens wonder net.

    Toe skrywe ’n ontstelde Magnus Opelyf vir Cornelius en kritiseer hom (en vir my, omdat ek vir Cornelius in die bres getree het) en spreek vir Cornelius sterk aan. Opelyf sluit, met klaarblyklike insig in die Cornelius Henn psige, só af: “Ja, hy het berading nodig, maar ? mens in sy plek moes dit dalk ontvang het voor hy kon trou en kinders kry. Iets sê my hy glo steeds sy optrede is sy "Goddelike reg"! Dalk had die Barclays-man ? punt beet. ? Moordenaar se oë gaan nie onskuld skyn nie, en ? tawwe eerlike soldaat s'n ? ontgogelende mengsel van trots en ontroering. So, aan Cornish Hoender sê ek: My Here Jesus God, sies - soos antie Gesina van der Heever (? groot opregte Christen) van Namakwaland altyd gepraat het.”

    Cornelius se reaksie? Weereens, 27 jaar na die voorval, géén teken van berou en jammer of insig in wat hy gedoen het, nie – weereens is die Cornelius-ego aangetas en Cornelius trek verontskuldigend en beledigend los  met “Magnus, … sies dan jou eie gat voordat jy dit afvee, asseblief! … Siestog, how boring! Al die kak wat hy kwytraak openbaar bloot net ? radikale romanse met MANNE in uniforms. Sy ideale soldaat-MAN wag dalk iewers vir hom in sy drome. Hoekom sê hy nie maar net so en kry klaar nie? My erkentenis, skuldaanvaarding, boetedoening en die vergifnis wat ek ontvang gaan hom verby. Sy opelyf duur nou al verskriklik lank. Probeer hy vir ? orgasme of so iets? Ek is fokking bly ek voldoen nie aan sy verwagtinge nie! Sola Gratia” Sola Gratia?! Weereens die misbruik by die gruwels.

    Nou ja, ons het hierbo gesien hoe Cornelius met woorde speel – woorde soos erkentenis, skuldaanvaarding, boetedoening en die vergifnis. Waar is dit? Net skeltaal en selfregverdiging. Maar géén erkentenis, skuldaanvaarding, boetedoening en die vergifnis nie en daar waar die  ‘erkentenis’ wel gedoen was, soos in die geval van Pieter, was dit glad nie oor die essensie van erkenning  en aanvaarding van verantwoordelikheid, nie, maar wel die Cornelius-ego wat óf gestreel word en met gunstige reaksie begroet word óf aangespreek word en begroet word met kru taal en pogings tot selfregverdiging, wat van die “erkenning” ’n absolute klug maak. Maar geen teken van  erkentenis, skuldaanvaarding, boetedoening en die vergifnis nie – net weer ’n gespeel met dié belangrike begrippe soos hy oom met die HERE se Woord en Naam speel vir sy eie gewin.

    Só het ek besef dat die Cornelius wat homself in die gewraakte briewe bekendstel as ’n wrede, moorddadig en gewetenlose troep, na 27 jaar steeds nie tot die besef van die gruwels en die nodigheid bekering gekom het, nie.

    Soos hy homself in een van sy briewe beskrywe: “Van die begin af het ek dit as ? moerse geleentheid vir avontuur ervaar. Die army se bevel en my rekord in die DB sal kan getuig dat ek nie die beheerbaarste troep of soldaat op aarde was nie.” Die DB is natuurlik die Militêre gevangenis, waar soldate vir misdaad en vir ernstige dissiplinêre oortredings  opgesluit word na hul gevonnis, is - en dit tel op hul rekord. Dit is wat Craig in sy oë gesien het… dit is wat ons van hom, vandag, nóg vier jaar later in 2012, ervaar. 2012…

    Kerneels Henn is nog in die oorlog – ’n oorlog wat slegs in sy kop woed en waar hy waansinnig teen almal wat hom durf teëgaan, veg asof hulle sy vyande is en hy die held en waar hy in die waansin vir hom self ’n afgod geprakseer het met die Naam van God daaraan gekoppel.

    Die arme, arme verdwaalde mens.

    Dit is wat Kerneels Henn klaarblyklik nou nog, is.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    En dan ou Kobus... ek ontken nie die aanhalings wat jy uit my bydraes in jou hatige collage van waansin verkrag het nie... wat is my bydraes tog teen die Bybel wat jy met dieselfde haat verkrag ou Kobus?... ek't net gehoop dat jy minstens die ordentlikheid sal het om soos in die geval van enige ander aanhaling wat 'n mens maak, jy die verwysing daarvan sal aantoon... maar nou ja, jou haatdissipels het duidelik waardering vir jou braaksels... Jou amigo in Adam... Ekke...

  • CorneliusHenn

    Ook nog ou Kobus,

    Adele Den Dulk het duidelik tot haar skade 'n blanko tjek in haar mandaat aan jou geteken.  

    Jou aanhaling hierbo is uiters selektief.  

    Ek deel die gedeeltes voor en na jou aanhaling: On the face of it, the Den Dulk case is strong and pretty straightforward. The Supreme Court orders R120 000 in dispute into a trust fund, the money disappears and so does the attorney. The law society then strikes the attorney off the roll. Carte Blanche then picks up on a paper trail full of 'legalese' and loopholes. They are loopholes that have a huge impact on whether or not the Fidelity Fund pays the Den Dulks. First, there's the mandate that Adele signed when she appointed De Klerk as her attorney. 'And in that mandate there's an authority for him to draw on her trust funds to meet any bills that he may render her for professional services rendered,' says David. Still a Supreme Court judge saw fit to end De Klerk's career as an attorney, saying he could only conclude that the attorney had 'spent trust monies unlawfully, contrary to a court order'. Technically speaking, however, that doesn't make this man a thief. According to David Randles, the Den Dulks couldn't prove De Klerk had stolen the R120 000: 'If your car goes missing the insurance company doesn't set about proving it was stolen - you need to show that to them. In a sense, we're the same sort of organisation. Now if he can produce the evidence for us, I've no doubt that the claim would be revisited.'  

    Ja Kobus, het jy maar net jou winsgewende ontginning van Adele se naïwiteit  toegegee, dan kon die Den Dulks se eis minstens dalk betaal word. 

    Ai,ai,ai...  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Net so, Kerneels! Jy is nog nie - NOG NIE - in 'n hof skuldig bevind nie, want jy het jou gruwels met bedrog en wanvoorstelling verbloem - maar soos die Woord sê, daar is niks verborge wat nie geopenbaar sal word, nie (Lukas 12:2).

    Ek, daarenteen, het niks verbloem of weggesteek nie - omdat ek nie bedrog of diefstal geplaag het, nie. Maar jy het een misdaad gebruik om andere mee toe te smeer. My straf vir wat ek gedoen het, het ek weg - dit is klaar, afgehandel.

    Maar joue wag, VERSEKER.

    En dit is maar net die begin vir jou.

    Jy skrik nie vir 'koue pampoen', nie? Hierdie is geen koue pampoen nie, en jy weet dit... Jy is - jammer vir die woord - skytbang soos jy hier lees, Kerneels!

    Besin, of jou doppie gaan klink. Dit is nie vir my nodig om dit te laat klink, nie, want die kwaad wat jy my gereeld aandoen, is vergewe van my kant, af - wat 'n heerlikheid en vryheid om te kan vergewe! Hoewel jy dit, weens jou dwaasheid natuurlik  herhaaldelik weer herhaal ... jy het die vloek om met die HERE se Naam en Woord en teenoor SY getroue dienaars, te ploeg, misbruik en te belaster, oor jouself gebring - veelvuldig, so ten spyte van onophoudelike vermaning en waarskuwing  ... daar IS die die HERE Wie sien, Wie nie sluimer  of  slaap, nie. Het jy vergeet?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Is ek só belangrik dat my lewe hier gefynkam moet word? Vir sommige skynbaar wel.

    Lang relase is egter onnodig.

    Maar die enigste relevante feite rondom my skrapping, is die volgende. 

    “When Wynand approached the Fidelity Fund in 1995 he believed he and Adele had an airtight claim. The Fund's Controlling Board disagreed and rejected the Den Dulk's claim, saying that there was no evidence of theft. 'It seems - and I'm reading between the lines here - that he applied all of this money to his legal fees and his disbursements with respect to this woman. That's what he appears to say,' says David. Jacobus told the Law Society the same thing. He also said Adele had given him permission to use the trust money … There's the mandate that Adele signed when she appointed De Klerk as her attorney … and in that mandate there's an authority for him to draw on her trust funds to meet any bills that he may render her for professional services rendered,' says David. Still a Supreme Court judge saw fit to end De Klerk's career as an attorney, saying he could only conclude that the attorney had 'spent trust monies unlawfully, contrary to a court order'”

    Sny dus verby die tipiese Carte Blanche tipe sensasionele joernalistiek gekoppel met die strategiese seleksie van feite en strategiese verswyging van ander, báie relevante feite, wat gepoog geregverdig te word met die stelling “it is difficult to publish a 100-page affidavit on television”, terwyl hulle wel uit dié 100 page affidavit selekteer wat hulle sensasionele aanbieding sou pas en die res verswyg, wat, as dit wél gepubliseer was, dinge in ’n heel ander perspektief sou stel… soos byvoorbeeld, dat ek die kliënt vir bykans twee jaar verteenwoordig het in verskeie hofsake en, dat die kliënt, bo en behalwe die skriftelike toestemming om die trustgeld te gebruik, waarvan in die program melding gemaak word, ook ’n paar ander eedverklarings afgelê het waarin sy deurentyd bevestig het dat sy die geld by my inbetaal het ter betaling van haar regskoste en nie onderhewig aan die hofbevel, nie, omdat sy geen ander geld had om die sake mee te finansier, nie…  en sny verby die sensasionele parafernalia omtrent ander prokureurs, wat met my niks te make het, nie en die ellelange sensasie oor hoe ek kwansuis nie kontakbaar was, nie – terwyl hulle, ironies genoeg, versuim om te verklaar, te midde van al die sensasionele bewerings van hoe ‘fast moving’ ek kwansuis was en hoe ek kwansuis sou 'vanish', hoe dit dan is, dat, by die eerste poging om my te bel op my bekende telefoonnommer, hulle my báie gemaklik in die hande kry en bespreek hulle met my die aangeleentheid en sónder om te verduidelik dat, aangesien hulle my so maklik kon kontak, waarom sou die ander wat kwansuis so gesoek het na my, my dan kwansuis nie in die hande kon kry, nie… en só word die sensasie aangedik.

    Dan is die kruks van die saak dat ek die geld gebruik het soos gemagtig deur die kliënt, maar dat daar wel ’n hofbevel tot my kennis gekom het waar die hof die kliënt verbied om die geld te gebruik en ek steeds, desnieteenstaande die bevel, die geld aangewend het vir daardie kliënt se regskoste, anders sou my kliënt geheel en al sonder regshulp wees, omdat sy ook op daardie stadium nie gekwalifiseer het vir die Regshulpraad se bystand nie. Daarom het ek die risiko geloop en maar voortgegaan - en het ek haar vir bykans twee jaar lank só verteenwoordig.

    Kruks van die saak verder – ek as prokureur moes, ongeag my kliënt se ernstige dilemma op daardie stadium, nié die hofbevel geïgnoreer het nie en haar gewoon weggestuur het sónder regshulp omdat sy nie kon betaal vir etlike Hooggeregshof en ander sake, nie. Ander prokureurs voor my, het dit wel gedoen – haar eenvoudig weggestuur. Ek het haar te jammer gekry (onder haar besondere omstandighede destyds, wat ek nie hier sal uitblaker, nie) en die risiko geloop en dit was bepaald verkeerd van my. Mense mag nié hofbevele ignoreer nie, wat nog te sê, ’n prokureur, soos wat ek is, hoewel sedertdien nie meer op die rol, nie.

    Soos die program sê, is dít die rede waarom die regters my geskrap het – omdat ek ’n hofbevel teenstrydig verontagsaam het en dit is onregmatig. Ek het niks gesteel of enigiemand bedrieg, nie, maar ek het oneties en onprofessioneel en verkeerd opgetree in daardie sin, hoe geregverdig ek my nou ookal op daardie tydstip daartoe gevoel, het.

    Ek is bitter swaar gestraf in die vorm van my skrapping en het ’n bitter prys betaal vir my besluit en nié net ek nie, maar my gesin, ook. Maar ek het die HERE gewin en alles wat daarmee saamgaan! Só getrou en genadig is die HERE.

    Die HERE is regverdig. HY het geen witbroodjies, nie. Daarom dat HY so betroubaar en konsekwent is – tot in ewigheid. Die HERE is ook onbegryplik Liefdevol. Daarom dat ’n persoonlike verhouding met die HERE so wonderlik en vervullend, is.

    Daar is báie feite wat die publiek nie ken, omtrent die agtergrond van dié saak, nie – byvoorbeeld die ontwikkeling en ontrafeling van die felle stryd tussen die Den Dulks, en wat ek tot my voordeel kon gebruik, nie. En ook nie sal ken, nie, omdat ek dit nie wil uitblaker om myself te verhef, maar met my voet op die nek van ander, nie en omdat die sirkel van pyn en lyding moet end kry, gestop word, al het dit dan nou by my gestop.

    Daar is die HERE in die Hemel Wie sien.

    Daarom is dit net kwaadwillige, twisgierige kwaadstokers soos Cornelius en sommige ander, mense met ’n uiters swak selfbeeld, wat probeer gewin maak uit wat my lank gelede oorgekom, het – iemand soos Cornelius, die die een wat homself op hierdie forum so geredelik ongevraagd by enige ordentlike gesprek inwurm en dan met groot hatigheid en nydigheid lostrek met persoonlike aanvalle wat niks te doene het met die gespreksonderwerp nie, op almal wat hom nie aanstaan nie, veral teenoor ware gelowige mense, een wat vryelik die ekskresie wat by sy mond uitpeul, dan oral rondswaai. Die feit dat hy nie feite het waarop hy sy kwaadwillige gemors kan baseer nie, skrik hom nie af nie, want hy maak hy dit sommer op… hy, die een wie se wan- en misdade – werklike wandade en misdade van die ergste moontlike graad, teen mens en dier, weens sy eie bedrog waarmee hy dit toegesmeer het, nog onbesoek en ongestraf staan en ook sy lasteringe sedertdien – een wat dan die vermetelheid het om sy vieslike tong en vuil hande na ander te beduie, asof hy skoon is…

    Dít is Kerneels Henn in sy waansinnige manifestasie.

    Ek dink, dit is ’n hoofstuk wat hier afgesluit kan word. My straf het ek weg – syne, daarenteen,  wag op hom, omdat hy dit reggekry het om tot hede agter sy bedrog daarvoor weg te kruip (laat my dink aan ware verhaal van die man wat in ’n swak oomblik in die kroeg met te veel drank in die keelgat af, gespog het van die perfekte moord wat hy jare tevore gepleeg het en mee ‘weggekom’ het… en toe die wiel daarmee aan die rol gesit het wat hom uiteindelik aan die pen laat ry het) - maar sy snater weens sy insiglose dwaasheid, is die grootste dog die mees irrelevante.

    En, ek dink weer aan die Woord wat Cornelius se sielsposisie so mooi aanspreek -  toe ek sy verskoning sien waarom hy die kat so wreedaardig afgemaai het (omdat hy die kat kwansuis jammer gekry het - ek verwys in my kommentaar hierbo daarna) - die Woord Wie sê dat die regverdige die natuur van sy dier ken, maar dat selfs die barmhartigheid van die Goddelose, wreed is (Spreuke 12:10) en hoe waar is dit nie van Kerneels Henn, nie. Selfs sy 'barmhartigheid' is wreed weens sy Goddeloosheid.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Jy moet mooi mik ou Kobus... ek staan en kyk vir jou... jy verstaan duidelik nie... ek't regtig gedink na al jou herinneringe hierbo jy dalk sou verstaan... jy sien, ek's in ou bok... taai, en daar's 'n hele paar skynheiliges soos jy wat kamstig gekruisig is na jou sooort genade aan ander wat jou ryk maak wat enigiets sal gee om my hul trofee te maak...  

    Punt is - jy dreig my in jou woernale hierbo:  

    Ek [Kobus de Klerk] moet jou waarsku, Cornelius, dat ten minste een van die 'slange in dieselfde nes wat die hele regsprofessie se gewete verdag laat', soos jy die regspraktisyns met jou onbeheersde tong in 'n ander kommentaar van jou belaster en nou met die valse bewering hierbo weereens belaster dat hulle die regstelsel kwansuis 'verdag laat', ’n baie bekende en gerekende praktiserende prokureur is wie dikwels in die media is... jy sal jou rieme waaragtig binnekort styfloop met jou wispelturige, onbeteuelde en onbewysbare kwelsugtige en kwaadwillige belastering van onskuldige mense ... Jy moet maar net hoop dat hy/hulle nie hierdie flagrante lastering raaksien nie, want hy/hulle lees gereeld op hierdie forum en is derhalwe ook identifiseerbaar vir die publiek ... of het jy vergeet dat hierdie ’n openbare forum, is? Ja, jy gaan sekerlik jou rieme geweldig styfloop - jou tyd is naby - want jy is absoluut roekeloos en onverantwoordelik met jou belastering teenoor mense wie jou geen leed of kwaad aangedoen het, nie en wie jy nie eens persoonlik ken, nie - bloot omdat hulle objektiewe, kundige en sinvolle kommentaar ter opheldering van my situasie gelewer het uit die oogpunt van kundiges.  En die 'wetsgehoorsame burgers' waarna jy hierbo verwys.... jy verwys tog sekerlik nie na jouself, nie? Soos hierbo blyk, het jy 'n paar gruwelik misdadige goed op jou kerfstok wat nog vir jou lê en wag, en wat my situasie wel in vergelyking laat lyk asof ek net parkeergeld vergeet het! 'n Ander skrywer het gevra of jy ooit vervolg is vir jou misdade en indien nie, waarom nie? Ek het hierbo natuurlik verduidelik waarom nie - want jy het bedrog gepleeg met jou valse verklaring oor wat gebeur het (daardie stalin orrel storie)... maar,  soos daardie ander skrywer gesê het,  jou magsnommner is bekend... en miskien sal die Namibiese regering belangstel om te weet wat aangaan dat hulle burgers summier afgemaai is deur 'n "vriendelike" magslid en dan ook, soos hulle met ander oorlogsmisdadigers gedoen het, te verhoor en verder mee te handel.   Net so, Kerneels! Jy is nog nie - NOG NIE - in 'n hof skuldig bevind nie, want jy het jou gruwels met bedrog en wanvoorstelling verbloem - maar soos die Woord sê, daar is niks verborge wat nie geopenbaar sal word, nie (Lukas 12:2). Ek [Kobus de Klerk], daarenteen, het niks verbloem of weggesteek nie - omdat ek nie bedrog of diefstal geplaag het, nie. Maar jy het een misdaad gebruik om andere mee toe te smeer. My straf vir wat ek gedoen het, het ek weg - dit is klaar, afgehandel. Maar joue wag, VERSEKER. En dit is maar net die begin vir jou. Jy skrik nie vir 'koue pampoen', nie? Hierdie is geen koue pampoen nie, en jy weet dit... Jy is - jammer vir die woord - skytbang soos jy hier lees, Kerneels! Besin, of jou doppie gaan klink. Dit is nie vir my nodig om dit te laat klink, nie, want die kwaad wat jy my gereeld aandoen, is vergewe van my kant, af - wat 'n heerlikheid en vryheid om te kan vergewe! Hoewel jy dit, weens jou dwaasheid natuurlik  herhaaldelik weer herhaal ... jy het die vloek om met die HERE se Naam en Woord en teenoor SY getroue dienaars, te ploeg, misbruik en te belaster, oor jouself gebring - veelvuldig, so ten spyte van onophoudelike vermaning en waarskuwing  ... daar IS die HERE Wie sien, Wie nie sluimer  of  slaap, nie. Het jy vergeet?  

    (einde van jou helse riller)  

    Kobus, dit help seker nie ek verduidelik vir jou dat ek my eerder gaan dood lag as wat jou loskruit my iets gaan maak nie.  

    Jy is verseker die een wat skoon onderklere gaan aantrek as die doppie klink!  

    Maar, jy't gedreig en as daar nie regtig iets gaan gebeur nie dan bewys net jy jouself weldeeglik soos al die kere voorheen as 'n lafaard...  

    Moenie dreig as jy weet daar gaan niks van kom nie.  

    Los liewer.  

    Maar soos ek seg; ek kyk vir jou.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Maar jy gaan verantwoording doen. Die enigste manier hoe jy aan jou eie wandade gaan ontkom, is as jy betyds besin. Wees maar haastig.

    Verder is daar vir jou niks te sê, nie.

    Jy is geopenbaar vir wat jy is- soos ek tevore aangedui het en daarmee is dit afgehandel.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Siestog; hoekom is Kobus de Klerk se doen en late kwansuis so belangrik?  

    Wel, in die eerste plek sodat al die ander wat al deur die ou grote met sy fenomenale talent om die waarheid skeef te trek afgeknou is, kan sien wie en wat die boelie is.  

    Die hartseer werklikheid is dat Kobus de Klerk skynbaar self 'n slagoffer van afknouery as kind was.  

    Hy het skynbaar besluit om die boelie te word en enigiemand wat hom nie eer nie op die seerste en kwesbaarste plek moontlik te tref - naamlik die heiligheid in ander se harte te vertrap.

    Sy selfregverdiging daarmee; om braakland te breek vir sy drogma onder 'n valse dekmantel van Christelikheid.  

    Al Kobus de Klerk se relase hierbo kom daarop neer dat hy 'n beslissing van 'n regter in 'n hof om hom oneerbaar van die rol te skraap met allerlei vernuftige redenasies en klemverskuiwinge verdag probeer laat (als met sy berugte spirituele intelligensie aan't hand).

    Dan is daar die lasterlike en eentonige veronderstelling van my skuld aan misdaad sonder dat daar ooit eens 'n klag teen my vir enige misdaad in my lewe was.

    As Kobus de Klerk en sy gevolg gronde had om my te verdink moes hulle lank reeds die proses volg, maar nou probeer Kobus de Klerk my met sy skuldigbevinding in sy kammahof in dei openbaar op die werf bang maak.    

    Wat my stom laat is die feit dat daar ander regslui is wat Kobus se verdagmakery van die beslissing deur 'n regter in die hof openlik steun.  

    Sou dit nie eerbaar van Kobus de Klerk en sy ondersteuners in die professie wees om eerder 'n petisie op te stel en die hof daarmee te nader nie?  

    Hoekom wet en orde op 'n openbare forum verdag maak deur voor te gee dat daar rede kan wees om die beslissing van 'n regter in belang van die samelewing te wantrou?  

    Ja, 'n algemene lid van die publiek soos ek moet in die openbaar geïntimideer word met hul regsposisie in die samelewing om my uit Kobus de Klerk se roemvolheid te hou sodat hy as staande sensasie die heiligheid van ander met sy aprioristiese en geGoogelde spirituele intelligensie op laakbare en ongrondwetlike manier in vrede kan verskeur onder 'n vaandel van ware Christengeloof.  

    Kom ons kyk maar waar eindig Kobus de Klerk en sy nalopers se verdwaaldheid.  

    Van besinning is daar duidelik geen sprake nie.  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Wie op aarde gee om wat jou interpretasie van dinge is? Wie steur hulle nog aan jou opinie?

    Jy moet jouself regruk en emosioneel probeer volwasse word, Kerneels - dit sal alreeds baie help. Vir die feit dat daar nie 'n klag teen jou gelê is en jy vervolg is, nie, is daar mos 'n verklaring wat jy self voorsien het  - jy het die owerhede bedrieg deur vir hulle te lieg oor die stalin orrel, of hoe, Hmmm?

    Dus, hulle het nie geweet van die selferkende massamoord en die ander dinge, nie! As hulle geweet het, sou hulle jou vervolg het, man!

    En so wrintie skrywe jy hierbo  "Dan is daar die lasterlike en eentonige veronderstelling van my skuld aan misdaad sonder dat daar ooit eens 'n klag teen my vir enige misdaad in my lewe was. "

    So, jy reken ek belaster jou met die aanhalings uit jou eie openbare briewe wat jy as feite onder jou naam en magsnommer gepubliseer het!? Jy meen jou eie briewe se inhoud en die optrede van jouself wat jy daarin vermeld is lasterlik teenoor jou naam? Ha!

    Sê vir ons -  lees nou baie mooi wat ek jou vra - ontken jy dat die goed, wat jy in jou tweeledige brief getiteld "Die dag toe ek 'n bakkievrag tuiswagte in hulle moer geskiet het" en die ander briewe van jou, waaruit ek aangehaal het, die waarheid is? Ontken jy ook dat jy die goed wat ek daar aangehaal het, geskrywe het, en ontken jy dat die goed wat jy in daardie briewe geskrywe het, die waarheid, is? Is dit nie die waarheid wat jy daar geskrywe het, nie?! Het jy alweer gelieg?

    Toe kom, ons wag - sê vir ons...

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Jakobus de Klerk (eufemisties gestel),

    Wat my betref is als wat ek op die werf deel waar.

    Ongeag; wie het jou as regter aangestel?

    Die soort ongeregtigheid in jou kammahof hier bewys maar net weer die guns wat 'n (regte) regter die samelewing gedoen het. 

    En daarby; jy verkrag na hartelus my bydraes in jou geskubde spirituele intelligensie sodat dit jou duiwelbesete agenda pas!

    Ek daag jou om soos dit hoort al die skakels by jou spoeg en plak uit my bydraes te plaas.

    Maar nou ja, wat sal die lewe sonder vergifnis wees?

    Kobus, ek vergeef jou nogmaals.

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.

    Jou amigo in Adam,

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Cornelius

    Maar toemaar, ek neem nie aanstoot daaraan dat jy my as pastoriekind aansien, nie. Tja! Dit is eintlik glad nie ’n belediging nie, soos jy dit bedoel het nie, maar net ongelukkig (vir jou) ’n leuen wat ons ander rasionele mense, eenvoudig net nie weet waar jy daaraan kom nie.

    Maar kom ons laat dit vir eers maar daar.

    Kyk, jy het glad nie in jou vieslike doel geslaag, nie, Cornelius, en jou geteem en desperate gekarring en stortvloed sinnelose beskuldigings hierbo laat jou net al meer desperaat, insigloos, onvolwasse en pateties voorkom.

    Die vangkuile van vernedering wat jy vir my gegrawe het, het jy self in geval en ek is ongeskonde daar verby - soos ek sê, God in die Hemel sien en hoor SY regverdiges (Psalm 141:10; Jakobus 5:16) en HY beskerm ons teen diesulkes soos jy, en dit sal so bly.

    Ek kan met groot gemak nog baie ander van jou eie opbraaksel hier op die forum gebruik en jou sonder veel moeite dieper in jou eie put van vernedering indruk met jou eie uitbraaksel - soos hierbo gedoen, is... en ons weet dit almal.

    Maar ek meen dit is nou genoeg. Ek vind werklik geen behae daarin om jou die loef af te steek nie, al is dit met jou eie onverantwoordelikheid en oneerlikheid.

    Dus, die pad vorentoe moet die pad van Vrede, wees. Daartoe nooi ek jou nou.

    Wat ek vra, is glad nie onredelik, nie - naamlik dat jy asseblief nie verder my God, my Hemelse Vader, my HERE, se Heilige Naam deur die modder sleep, met jou lasterlike assosiasies en twisgierigheid, nie. As jy dan nie in die God van die Woord wil glo nie en vir jou 'n ander god versin, is dit tragies, is dit hartseer, maar gaan dan heen - maar asseblief - laat die Heilige Naam van die HERE daar uit.

    Ons as ware gelowiges wil nie, en kan nie, vir enigeen laat begaan daarmee, nie. Ook nie vir jou, nie, Cornelius.

    Net soos ek nie sou stilsit en toelaat as jy sou waag om my dierbare en eerbare oorlede natuurlike vader se naam deur die modder te sleep met valse bewerings en konnotasies van owerspel en hoerery en wat meer als, al sou ek en jy broers wees (wat jy op hierdie stadium op geen manier van my is, nie), nie, des te minder kan ek dit aanvaar en toelaat as my allerheiligste, allerwonderlikste  HERE, my God, my Hemelse Vader se Heilige Naam deur  die spirituele modder gesleep word deur jou konnotasie van SY allergrootste allerheiligste Naam aan spirituele owerspel, hoerery en ander gruwels wat afgodery meebring, nie - ook al sou jy my medemens wees.

    Ek is ook oortuig daarvan dat my broers en susters in die HERE ook so sterk voel oor ons Hemelse Vader, ons God.

    Die dinge waaraan jy die heilige Naam van ons HERE koppel, maak baie seer. Dit bring baie hartseer, want dit is laster.

    Dus, kom ons loop die pad, selfs waar en in die manier wat, ons van mekaar verskil, in eerbied teenoor die Een en Enigste God, my en my mede gelowige broers en susters se Hemelse Vader, met die doel om eensgesindheid tot eer van die HERE te bewerkstellig.

    As dit egter nie vir jou aanvaarbaar is om 'n weg in eensgesindheid met my en my broers en susters in ’n ware Christelike verhouding die HERE op te soek, nie, gaan dan, tragies en hartseer soos dit is, jou weg, maar laat asseblief die Naam van die HERE in vrede, sodat die vyandskap kan einde kry.

    My ernstige versoek en uitnodiging aan jou is nie net ter wille van my mede gelowiges en myself en ook ter wille van jou, nie, maar verál ter wille van diepe eerbied en agting vir die HERE.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jy erken dus dat jy massamoord en bedrog gepleeg het, soos jy self geskrywe het en soos ek bloot uitgewys het, Cornelius - en dat jy daarmee, tot nou toe, in elk geval, weggekom het, juis as gevolg van jou bedrog -  terwyl jy met al jou vingers vuil, na ander beduie wat reeds hul prys betaal het wyl joue nog uitstaande is?

    Waarom beklae jy jou dan oor wat ek geskrywe het, Cornelius?

    Jy hoef nie te antwoord nie - jy kan beswaarlik die regte antwoord gee.

    Ek het intussen vir jou 'n ander, beter, alternatief aan die hand gedoen - op die weg na Vrede.

    Ten minste het jy die volgende hierbo geskrywe "Maar nou ja, wat sal die lewe sonder vergifnis wees? ...  Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe. " en daarmee kan ek geen fout vind nie. Dit is bemoedigend. Vir die eerste keer is die HERE se Naam deur jou gebruik vir waarvoor HY werklik staan, sonder die lastering daarby. Ek hoop van harte dit was nie net 'n geïsoleerde suiwering, nie.

    Op so 'n manier sal ons werklik Vrede kan bewerkstellig - na alles - dit is mos ook die gawe van dieselfde HERE Jesus Christus Wie juis ook die Gewer van die onontbeerlike geskenk van vergiffenis, is.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Daar is baie omstandighede beskryf in my bydraes wat jy doelbewus buite rekening laat in die verhaling van my ervaring op die grens.

    Jy is geen regter nie ongeag die mening van die naïwelinge om jou.  

    Maar dis tipies van jou kwaadwilligheid teenoor enigeen wat jou nie eer nie.  

    Wat van toe jy iewers voorgegee het dat jou pa 'n prediker was? 

    Nietemin, ek daag jou om iets aan jou "bevinding" omtrent my as massamoordenaar te doen.  

    Soos ek jou vele maal voorheen gewaarsku het; ek is nog nooit eens aangekla vir enige misdaad in my lewe nie, wat nog skuldig bevind.  

    Om jou voorts gerus te stel; ek het vrede met jou eksklusiewe god. 'n EIE god is maar soos 'n gelukbringertjie. Dis algemene afgodery.  Nogtans, as jy dit so glo het ek vrede daarmee.

    Ek deel inklusief die vrede in ons almal se Almagtige Lewende Skepper in antwoord op jou infernale en goddelose proselietemakery.

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Wys vir ons waar ek 'iewers' voorgegee het dat my vader n 'prediker' was, Cornelius. Dit bestaan bepaald net in jou eie kop, waar jy dit versin, het.

    Ek is bewus daarvan dat jy sê dat jy nooit aangekla was en skuldig bevind was, nie - maar daar was die DB waarvan jy 'vergeet' het - en wat van die DB oor die ammunisie? Dus, vir baie jare, kon die 'dead men' nie 'speak' nie - maar die klippe het oor jou ongeregtigheid uitgeroep (Habakuk 2:11; Lukas 19:40) en wat verborge was het aan die lig gekom (Lukas 8:17)  - en jou genoop om self daarmee vorendag te kom deur te spog. Jy het dus die waarskuwing van die einste HERE met Wie se Naam jy so baie geploeg het in die verlede, ten prooi geval ... God lewe en sien, het jy dan nie geweet, nie?

    Daar is inderdaad ook geen konteks, perspektief en interpretasie wat jou gruweldade  mooi kan tooi, nie, Cornelius. Nog minder die feit dat jy dit nou nog probeer goedpraat - wat aandui dat jy geen berou het, nie en ook nie besin het, nie

    Intussen is hierdie einste brief wat jy uit pure kwaadwilligheid en haat geskrywe het en wat as 'n kuil vir my gestel is deur jou, jou eie kuil geword waarin jy, en nie ek nie, geval het, want die HERE is getrou. En so dien hierdie einste brief van jou met die reeks kommentare daarop, as rekord en 'n ontblote profiel van jou as persoon - hoe en wat jy werklik is onder die fineer van woorde wat jy so vryelik rondgooi om dit mee te bedek. Hierdie optrede van jou het uiteindelik tot gevolg dat al jou fineer afgekrap is, en die walglike werklikheid uitstaan vir almal om te sien. God lewe en sien, het jy nie geweet, nie?

    Nee, ek is nie die regter , nie - maar God is - ook oor jou, Kerneels.

    En daarom wat jou onverantwoordelike uitdaging aanbetref ... jy sê mos jy het 'n vrou en 'n kind - en totdat die teendeel aan die lig kom, moet ons dit so aanvaar. Dus, in hulle belang veral, want ek weet uit eie ervaring hoe swaar gesinslede kry, sal ek jou spaar sodat hulle gespaar kan word - En daarmee laat ons veel eerder jou wandade aan die HERE oor om die skale reg te ste, veral omdat jy dit steeds probeer regverdig en indirek goedpraat en absoluut geen insig in die afgryslike verkeerdheid  daarvan toon en werklike berou toon, nie- HY, die HERE, sal jou dit sekerlik vergelde - deur uiteindelik vervolging, of andersins, hoe HY dit ookal gerade ag. Ek het mos reeds vir jou gesê, dit is nie vir my nodig om dit te doen, nie. God lewe en sien, het jy dit nie geweet, nie?

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    In die eerste plek staan ek vry en sonder aanklag in die genade en liefde van Jesus Christus onse HERE. God ons Regter het my reeds begenadig. 

    In die tweede plek het ek my nog nooit soos jy sonder sonde probeer voorhou nie. 

    In die derde plek moet jy sekerlik die mees onkundige regskundige wees (al is dit met 'n para vooraan deesdae).  

    Jou veronderstellinge en fabrikasies om my te belaster oorskry lank reeds die absurde.

    Derhalwe het jy geen saak waarin jy jouself as 'n held teenoor my kan voorhou nie.

    Gegewe jou nimmer eindige en ongrondwetlike anderhaat; om in openbare belang en vertroosting 'n regter se beslissing oor jou oneervol doen en late bekend te maak is hoegenaamd nie 'n misdaad nie, inteendeel.     

    Het jy geweet dat geen regsverteenwoordiging eens ter sprake is waar daar kaserne arres of detensie 'n soldaat opgelê word nie?  

    Dis geen misdaad in terme van die algemene reg wat daartoe lei dat 'n soldaat 'n bietjie dissipline in die DB gesweet word nie.  

    Kobus, soldate wat jou oneervol gelyk staan word net so oneervol uit die weermag ontslaan.   My landsdiens is met 'n medalje vereer.  

    Ja, en soveel meer vir jou boewery op die werf.  

    Ek't eerlik gedink dat jou pa 'n predikant was ('n indruk van waarheid wat my iewers verkeerdelik oorgekom het).  

    Maar, ek besef ek kan hierdie keer verkeerd wees en vra byvoorbaat verskoning sou dit wel die geval wees.  

    Met alle respek aan hom; wees trots op jou vader en vertel jy self wat sy nering was!   Of, wees 'n lafaard en speel jou verskuilde speletjies met jou vader se eer nes jy joune vir ydelheid verkwansel het.  

    Die punt is dat jy nou jou dwaling "Jesus Christus is nie ons Hemelse Vader nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader", totaal begrawe het in jou duiwelse kul jou hier kul jou daar aandag weglei deur my op jou vlak verdag te laat...  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Mense wat aangekla word is op regsverteenwoordiging vanuit weermaggeledere geregtig.

    Daar word beslis rekord gehou van weermaglede wat weens dissiplinêre redes en misdaad, BD tot gevangesetting gevonnis word. Net omdat dit weermag is, maak dit niks minder misdadig of laakbaar, nie.

    As jy daarvoor gevonnis en opgesluit word in die DB is dit omdat jy jou nie aan dissipline kan neerlê, nie. As jy met militêre  ammunisie betrap word, word jy vir diefstal aangekla en skuldig bevind en in die DB opgesluit.

    En moenie 'n fout maak nie, Kerneels - ek stel nie in die minste belang om myself aan  jou as held of iets dergeliks voor te hou, nie - ek stel nie in die minste belang wat jy van my dink, nie.

    Terloops - jy sê jy het 'n medalje ontvang.  Ek weet regtig nie of dit waar is, nie. Is jy bereid om besonderhede te verskaf? Wanneer, waar en waarvoor? Wat is die medalje? Weet hulle van jou optrede toe jy die tuiswagte in die bakkie uitgewis het?

    Daar is 'n rekord by die SANW van mense wat met medaljes toegeken is.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Wel,wel,wel ou Kobus,  

    Jy't toe nie eens geweet dat ek met 'n medalje in die weermag vereer is nie!  

    Hahaha,...  

    Ek sou eerlik dink dat jy jouself in jou sondelose alwetendheid darem so 'n bietjie sou vergewis van al die feite voordat jy iemand aan massamoord skuldig bevind.  

    In my geval is kaserne ares en sweet in die detensie barakke sonder enige formele aanklag bloot as 'n bietjie nodige dissiplinering uitgevoer. Jou soort regsverteenwoordiging was dus onvanpas.  

    Doen self so 'n bietjie moete in jou ywer om my aan te doen ou Kobus. Als hoort op rekord by die owerhede te wees.

    Ons staan egter skouer aan skouer in ons sonde in die genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Nee, Kerneels, ek het nie geweet dat jy met ’n medalje 'vereer' is nie - en ek weet dit nou nog nie. Ek glo jou nie. Ek glo ook nie hulle sou jou ’n medalje toeken as hulle bewus was van jou misdaad nie, want, soos hierbo staan in jou eie brief, het jy ’n vals verklaring ingedien. Ek glo ook nie dat jy ’n medalje verdien het, nie.

    Soos ek jou gevra het, en jy versuim het om te antwoord - gee asseblief die besonderhede omtrent die medalje, sodat ons dit kan nagaan. As dit waar is, waarom dit wil verswyg?

    Eers as ons bevestiging verkry het vir jou beweerde medalje, sal dit geglo kan word, omdat jy al so baie en gereeld stories versin, het. En selfs al sou jy dit kon bewys, is daar die kwessie van die militêre owerhede se onbewustheid van wat werklik met jou aangaan wat die meriete van die medalje sonder twyfel nadelig sal beïnvloed.

    Ons staan in niks skouer aan skouer, ek en jy, nie, Kerneels. Genade, ja ...

    Dus, ek wag.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, glo gerus met dieselfde oorgawe enigiets wat ek hier deel... as 'julle' nie wil glo nie, dan glo 'julle' nie... as 'julle' wil glo, dan glo 'julle' ... voorts moet jy maar jou eie aas gaan krap, ek't rêrig niks om in jou duiwelse hof te antwoord nie... 

  • CorneliusHenn

    Dis Kobus de Klerk... hy het balans en perspektief verloor... die punt is egter dat die ou grote (soos hy graag na homself verwys), sy kragdadige dwalinge soos byvoorbeeld dat "Jesus Christus is nie ons Hemelse Vader nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader", gedurig poog te begrawe in sy kul jou hier kul jou daar aandag weglei..  Mag Jesus Christus onse HERE ons almal verlos...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top