Kobus de Klerk en sensuur

  • 0

Raed-na-Gael ( Ek is de moer in…, 8 Februarie) gee sy opinie oor wat hy beleef as sensuur hier op SêNet. Hy is geregtig op sy mening. In 'n kommentaar onderaan hierdie brief, trek die nimlike Kobus De Klerk ( Die Jupiter-illusie) los teen Webvoet met oa die volgende, en ek haal hom direk aan:

“…nog nooit was vryheid van spraak en uitdrukking so onder beleg en beleër en onderdruk soos nou, juis dat die grondwet vir ons daardie regte 'beskerm' nie… LitNet het die spreekwoordelike polisiestaat geword - 'n woord-polisiestaat, wat baie na kom aan herinner aan die ou oorlogsjare se Nazi-woordsensuur - sonder vooraf waarskuwing of verduideliking of geleentheid om die saak uit te praat…” En dan beskryf hy Webvoet en SêNet verder as ‘n “goeie despoot” wat die “sensuur septer meedoënloos swaai…”

Nou wel. Om net sulke sterk taal as Raed-na-Gael te gebruik: Byna het ek van my stoel af gebliksem! Dat iemand soos De Klerk sulke goed kan kwytraak, terwyl SA onder die sg. Christelik-Nasionale NP regering van die ergste sensuur denkbaar gehad het, gaan mens se verstand te bowe. Waar was De Klerk toe? Vryheid van spraak, polisiestaat, woordsensuur, onderdruk, despoot? Nou toe nou.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top