knipoog kollektief

  • 0
Lees ook:
Nog nuwe poësie
Nog gedigte deur Waldemar Gouws

knipoog kollektief
keperaanskou die komende (kners-)      feesseisoen
en ys
die baasbreine het niks om te ontboesem
nie oor die vlekke bloed aan al die hande –
alleen die uitpluis van vingerafdrukke byvoorbeeld
volgens die voorjaarverslag blyk
oordadig te veel vir die verenigde state
se brute silikonheerskare

maar ons het ook ons alledaagse hoop
snags afgelos met toonbeelde – wat maanlik kom
en draadloos gaan –
so droomgepunktueer – die veldlikkewaan en british airways  as jy kan onthou –
is dit agitasie en bedremmeling dan
weer in ‘n  kersfeeskous

wat het ons verwag ‘n ander groot-oog verdowing
of die slapriem-gedilateerde aspirasie
in lewende lywe

ons met die sintagmatiese siel
heel gesmoor reeds in ‘n minderjarige minerale kind

aanskou die komende knersfeesseisoen en ys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top