Kleure wat Anders is
Jy het die son voor my deur kom lê
sonder om selfs ? enkele woord te sê
Die blink van die maan en die see se blou
vir ewig en altyd diep in my hart toegevou
? Plas van goudgeel blomme in die wind
gebring vir ? eensame, hartseer mensekind
Blinkers so ver ek kon sien oor my pad gestrooi
? Bos bloedrooi rose uit liefde en vir die mooi
Die helder oranje en pienk van ? sonsondergang
betowerend, vertroostend in my hart kom hang
? Reënboog in die winter met jou saamgebring
en my hart soos ? spierwit duif laat koer en sing
Die bruin van die grond en denneboombas
met jou oë verhelder en so perfek ingepas
Deur die groen van ? versteekte mistieke woud
alles verander wat swart en dood was en koud
My elke emosie van vreugde en smart
verander met die kleurstof van jou hart
En elke keer as jy so ver van my af weg moet ry
Weet dan: my gunsteling kleur in die wêreld is jy


