Kleinvroutjie
Jy is my kleinvroutjie, verward en teer
want mense se handel en wandel
maak jou diep seer
Daarom kan ek verstaan hoekom jy my
verlede tyd laat gaan
Weereens vra ek jou om my te vergewe
Sodat jou liefde hier op aarde,
vir my kan herlewe
Die liefde vir mekaar sal nooit taan
dit is ? embrio wat ? nuwe lewe baan
Daar is baie plek in jou hart vir medemens en dier
Hy wil hê ons moet kan saamleef
soos bok en tier
Vertroue tussen geliefdes moet bly staan
soos die betowering van ? Bosveld-volmaan
Ons is geskenk geleende tyd hier ter sake
maar met seëninge vir bemindes
? Hemelse aarde
Maar ? bittersoet herinnering aan ?
Kleinvroutjie wat was
Afgedwaal in ? leer wat in haar eie
hart en siel kras
Breek weg, kom terug van die dwase leer
wees die kleinvroutjie van weleer
Ek verstaan nou die seer
van jou optredes te meer
Gee nou die finale tree
sodat ons weer bymekaar kan wees
Maar helaas, al weer weggedwaal
Dis nou klaar


