"Kleine onskuld" deur Frans Massyn

  • 0

Kleine onskuld

Daar sit sy nou, die liewe kleinding
haar ogies groot en blou
Een kyk na haar en jy glo net een ding
dis onmoontlik nie sy wat so vreeslik kan brou

Maar wil jy my glo as ek vir jou gaan wys
nie 'n enkele haar op die kat van die huis

Daar is 'n vreeslike geraas
en jy kan gaan kyk
Sy is nou die baas
van hierdie koninkryk

Sy trippel deur die huis
op soek na iets meer
Daar agter in die kombuis
begin die slagting al weer

Maar dit word verdra
met die grootste geduld
Hoe sy ons nou ook pla
sy bly maar nog ons kleine onskuld

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top