"Klein rooi plektrum" deur Lizette Snyman

  • 0

Klein rooi plektrum

Ek onthou jou
in suiwer gedagte
van stil
windlose
nagte

Jou vingers
strelend oor
nylonsnaarwoorde
Oor die lyf van ? Ibanez
in net drie akkoorde

Al benodig A-mineur
in sy eenvoud
slegs twee vingers
om te speel
Is sy klank onmiskenbaar
“House of the Rising Sun”
se intro-deel

Akoesties
onbeskryflik mooi
? Mengsel van
bietjie jazz
oor
bietjie soul
gegooi

Ek onthou jou
in ? taal van sing
met ? klein rooi plektrum
wat akoestiese ritme
aan ? wysie bring

Ek onthou die unieke klank
van vingers wat druk
en skielik weer los
? Mooi fluitende
metaalgeluid
maak dit mos

Vir hulle wat luister
Vir die wat dit kan hoor
die soete A-mineur
deur ? kitaarspeler
se oor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top