"Klein-man sindroom" deur Rinus Lotz

  • 0

Klein-man sindroom

Vir goeie geselskap het ek baie tyd
maar vir morone het ek nul
En al is jy laf en al is jy luid
wees ? ass en daar’s ? verskil

Swak gedrag en ? kort humeur
sit jou reg onder aan my lys
As jy ook nog jou maniere verleer
Stel jy vriendskap op die prys

BRUG:
Aggressie en haat is ? vieslike, vieslike ding
Jy moet net bewys wie’s die man in die kring

REFREIN:
Maar waar in jou lewe het jy al ooit gehoor
van ? hardegat met ? hart?
Want iemand soos jy het nie eers ? halwe hart nie
Maar dalk miskien ? kwart
dalk miskien ? kwart

Jou vuiste is gebol, jy blaas soos ? bul
almal staan verstom oor dit wat kom
Jy’s net werklik besig om jouself te kul
want ? boelie soos jy is eintlik dom

Jou boosheid staan vir niemand aan
geweld en haat verwek nie roem
En as jy dan as barbaar wil voortgaan
sal almal jou ? swakkeling noem

BRUG

REFREIN

Dit is nie so moeilik, vat nie baie tyd
jy moet net so bietjie rondom jou kyk
Kyk net hoeveel mense jy affekteer
Voor jy vir niks In ander lewe verskeur

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top