Klein Klaas en Groot Klaas: Deel 3

  • 0

Die boer was ʼn goeie man, maa hy’t oek sy eie neigings gehad, hy konnie ʼn Engelsman vedra nie. As een voo hom veskyn het, het dit hom woedend kwaad gemaak. Maa die man wat by die boer se vrou loep kuier het, hettie daaroo gewarrie nie, hy’t maa net elke kee wanner die boer weg van die huis af was die boer se vrou loep kuier. En sy, die boer se vrou, het vi die Engelsman bedien met die beste wat hulle in die huis gehad het om te iet.

Toe die boer se vrou hoo dat haa man ankô het sy bang geraak, en die Engelsman gesmeek om te gan wegstiek in ʼn groot leë houtkas wat in die koebuis gestaan het. Die Engelsman het dit toe gedoen wan hy wiet die boer hou niks van die Engelse nie. Die boer se vrou het gou die wyn weg gestiek, en al die lekke kos in die oond weg gestiek, wan as die boer dit sou sien dan sou hy wil wiet maa vi wie en vi wat het sy die kos gemaak.

“Oe-jitte, nou is daa moeilikheid.” het Klein Klaas gelag soes hy daa onner die skuur se gras dak gelê en kyk het hoe die vrou al die lekke kos weg stiek.

“Is daa iemand daa boe?” het die boer gevra, toe hy Klein Klaas se gelaggery hoo. Hy’t op gekyk en vi Klein Klaas gesien lê onner die gras dak. “Wat soek djy in my skuur? Klim af daa en kô sê my wat djy soek.”

Soe het Klein Klaas af geklim en vi die boer vetel dat hy velore geraak het. Hy’t toe vi die boer gesoebat lat hy net vi die nag daa kan ooslaap.

“Okay, dis reg soe!” het die boer gesê, “maa ôs moet ees iets iet.”

Die boer se vrou was vol smiles toe die boer en Klein Klaas by die deur in gekommit. Sy’t die tafel doek op die tafel gegooi, en het voo hulle elkeen ʼn bak pap nee gesit. Die boer was baie honge, en het sy pap met ʼn smile op geiet, maa Klein Klaas konnie ophou dink an die lekke kos wat die boer se vrou in die oond weg gestiek hettie.

Onner die tafel het die sak met die pêd se vel by Klein Klaas se voete gelê. Nou Klein Klaas het rêrigie lus gehad om net die pap te iettie, wan hy konnie ophou dink an die lekke stukke vleis en die pies, en vis wat die boer se vrou in die oond weg gestiek hettie. Klein Klaas het toe op die sak getrap wat die pêd se vel in gehad het, en toe hy daa op trap het die droë vel ʼn harde gil af gegie. 

“Hou jou mond!” het Klein Klaas an sy sak gesê. Hy’t op die selle tyd wee op die sak getrap lat dit nog ʼn hardere gil af gegie het.

“En dit? Wat is daa in jou sak!” het die boer gevra soes hy bekommert onner die tafel in gekyk het.

“Oeh, dit? Niee, dis maa net ʼn towenaar.” het Klein Klaas gesê. “en die towenaar sê dat ôssie nodig het om die pap te ietie, wan hy’t die oond vol lekke kos getoor. Hy’t dit vol gebraaide vleis, vis en pies gemaak.”

“Rerig? Dis wonnerlik!” het die boer geskrie. Hy’t uit sy stoel uit gespring en die oond deur oepgemaak. Sy oë het soes pierings in sy kop gesit toe hy al die lekke kos sien wat in die oond was wat sy vrou weg gestiek het. Maa hy’t mossie dit gewiet nie. Volgens hom was dit die towenaar wat die oond vol lekke kos getoor het.

Die boer se vrou was te bang om iets te sê, wan sy’t gewiet as sy sou sê dat sy die kos gemaak het, dan gat sy in die moeilikheid in kô by die boer. Sy’t maa haa mond gehou en die kos vi die boer en Klein Klaas voogesit.

Vevolg volgenne maand.

Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen

Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen, deel 2

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top