Klawer Genade
Verafgeleë in ? donker straat
wag sy gebukkend
(vir die wat wil praat)
voor haar klavier
Begelei met raad
Ontneem sy jou
van seer en verraad
REFREIN:
En op die klavier
staan ? bottel wyn
Gewillig te vul met hartsgeheim
En is sy die een wat namens jou drink
ten einde haar siel met donker bevrind?
En voor die klawers hul hartseer kraai
en die aarde om jou drie maal draai
Sal sy vir jou
(? hart verraai)
met wynrooi-druppels vir oulaas paai
Want eens op ? tyd was sy ook mens
Die beker verbygaan, haar laaste wens
Helaas ? wyn-dood vir sondige bestaan
haar laaste asem vir ? volk beskaam
Onvoorwaardelik die swart was skoon
met genade druppels jou hart bewoon
Ten spyte van seer en gevlegte kroon
? belydenis met vergifnis beloon
REFREIN:
En op die klavier
kantel ? bottel wyn
Die gewilliges die nag in verdwyn
Vergewe vir eers, nadat bely
Tydelik vergeet van kwaad en pyn
En voor die klawers hul hartseer kraai
en die aarde om jou drie maal draai
Sal sy stééds vir jou
(? hart verraai)
met wynrooi-druppels vir oulaas paai
Verafgeleë in ? donker straat
wag sy gebukkend
(vir die wat wil praat)
voor haar klavier
Begelei met raad
Ontneem sy jou
van seer en verraad
REFREIN:
En op die klavier lê ? bottel leeg
waarskynlik vanweë die swart vergeef
En op ? dag as jy weer besoek
gebukkend, gewillig om ? hart soos roet
bleker as wit, met druppels so soet
spierwitskoon was met wyn-rooi bloed
En sal haar klawers vergewend kraai
en die aarde om haar liefde draai?
Met wyn-rooi druppels skuld verdraai
die swart op haar berg vir jou sal laai
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


