Klaradyn
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
Dis nog te vroeg om so
te proe aan al die bietjies soete wyn
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
Ons moet nog hardloop
vir die Pretoriase trein
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
REFREIN:
Klaradyn, ek sien al vanaand
hoe die volkies tekere gaan
Klaradyn, ek sien al vanaand
jy met jou rooi rok op die baan
Klaradyn, ek sien al vanaand
hoe die volkies oor jou baklei
Klaradyn, ek sien al vanaand
hoe ek sukkel om jou tuis te kry
Klaradyn, my liefste, Klaradyn (x2)
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
Ons is nou aan huis
en ek sukkel om jou in die bed te kry
Klaradyn, bly weg van die
bietjies-bietjies wyn
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


