Klappers
Wakker word en my koffie drink
My kouse is oud en begin nou stink
Wat het geword van die ou plek?
Vol naak gate, net so uitgerek
Toegedraai in ? ou kombers
Van wol en heimwee en ? koue kers
Wat se lig vou en kwyn
Uitgebrand nes die son inskyn
KOOR:
Ek hoor die klappers skiet, en kort val
En wag vir ? lied wat my kom haal
Jou woorde streel maar ek was doof
Begrawe my hart en red my geloof
Eie winde waai so koud
En die branders brand nes warm hout
Dors smag ek na ? beter tyd
Waar kinders speel en my pa nog fluit
KOOR
Nou verlang ek na die blou, blou berg
Onder die reus se skadu het ek jou geterg
Sal ek onthou as die trompet verklaar
Die ewigheid tussen my en haar


