Klankgrens

  • 0

Foto: Canva

Klankgrens

Musieksleutels
hang aan vyf drade
soos biltongstukke vasgehaak
met vreemde punte
klankloos
droog in die wind

vasgevang op papier
is die musiekstuk-
note strak gerangskik
en sit draad
ingehok
sonder sang

sinapse spring
hamertjies kap
perdehare krap
koperkleppe klap
papiernotasie na klank
en ons biltong,
ledemate dans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top