
Foto: Canva
Klaas Vakie
My drome kruip vanaand
vier bene knak
Dan seil dit
Platter
Dieper
Die laken draai
Ligter
Sagter
Om die nag
Stywer
Die kloue wat klou
Steek deur
Grawe die lomp stert uit
Wriemel
Worstel
Krul om die koue
Kriewel nader
Al dood die kers
Gryp ek die laaste sandkorrel
Na droomland


Kommentaar
Ek het dadelik begryp wat jy geskryf het. Tog, ek het die genot gehad om jou gedig oor en oor te lees om deel te word van die beelde van die slaap.