King Cobra

  • 0

Welgedaan Michael Sata! Welgedaan elke iedere Zambiese burger.

Ek dink iewers in Beijing sit ’n paar uitbuiters angstig en bewend. Want die spul drek se dae van kolonisasie en uitbuiting van my mense in Afrika is besig om min te raak. Hulle het, soos die Belge en andere, gedink hulle kan kom stroop en kom plunder en aalmoese gooi en my Afrika as kolonie gebruik vir al hul laer klas kriminele en goedkoop gemors geproduseer deur kinderarbeiders en vrouens wat vir hongerlone werk. SATA het belowe om die Sjinese uitbuiters en plunderaars uit te skop. Ek hoop hy hou sy woord, want my sg "keisers" is te slapgat papbroekig om dit te doen. Selfs ’n olifant word stukkie vir stukkie opgevreet deur die miere. Hulle het gedink hulle sal vir ewig wegkom om my Afrika se koper en minerale te kry in ruil vir spoorlyne wat oproes in ses maande en paaie wat nie eens donkiekarre kan vervoer nie.

Welgedaan President Sata! Viva Zambië! Viva die nuwe Afrika! Afrika vir Afrikane en beslis nie vir Sjinese uitbuiter koloniste nie!

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top