Program:
8 Des - Liewe Heksie
12 Des - Bazoo
13 Des - Rooikappie
15, 18 Des - Tjiff en Tjaff
19-20 Des - Lollos
22 Des - Aspoestertjie
8 Des - Liewe Heksie - R50
Die geliefde Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar by die Boer. Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry.
Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.
12 Des - Bazoo en die Spookpaddas - R50
Spektrum Kinderteater bied ‘n splinternuwe poppekas, Bazoo en die vermiste Spookpaddas, aan, gebaseer op die gewilde kindertydskrif Bazoo se hoofkarakter.
Dempies Dassie is nuwe hoofspeurder van Fynbosbuurt en sy eerste probleem is wat het geword van die spookpaddas? Hy roep die hulp in van Bazoo, die vriendelike skilpad en slimste inwoner van Fynbosbuurt. Tydens Speurder Dempies se ondersoek ontmoet die gehoor nog kleurvolle karakters van Fynbosbuurt, totdat die raaisel van die vermiste Spookpaddas opgelos word by Bazoo se verjaardagparty.
Spektrum Kinderteater skep al kinderteater landwyd sedert 1991, en is een van die bedrywigste maatskappye in die land.
13 Des - Rooikappie en die Wolf - R50
Spektrum en Stercus produksies, twee gevestigde produksiehuise, het hierdie jaar saamgespan om die sprokie, Rooikappie en die Wolf, op die planke te bring.
Dié klassieke sprokie, oorspronklik deur die broers Grimm, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wie ook die regie behartig en selfs een of twee verassende verskynings op die verhoog maak as die teësinnige faktotum en algemene alles regmaker.
Soos in die die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal sy in die bos. Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou daarvan so. Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikapie teëkom haar en haar Ouma kan red van Dolf die Wolf se onderduimse planne.
Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie?
Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste soos KKNK nie, maar ook by skole oor die hele Wes-Kaap.
15, 18 Des - Tjiff en Tjaff - R50
Die karakters van die gewilde kinderreeks, Tjiff en Tjaff, wat weeksdae op KykNET se Koowee-kinderkanaal uitgesaai word kom kuier by Die Boer in Durbanville.
Die liewe groen outjies was al op baie uitstappies en nooi almal om deel te word van hul avonture. Hulle is ook mal oor speletjies en verassings, waarvan daar ‘n paar is tydens die vertoning.
Kom kuier saam met Tjiff en Tjaff en hulle maatjie Mimi en bring die kamera saam vir jou eie foto saam met hulle.
19-20 Des - Lollos - R60
Lettie kom kuier vir die eerste keer op aarde! Lollos, Minki en Disco vertel vir haar van al die wonderlike plekke en dinge wat hulle al in Suid-Afrika gesien het.
Die SAMA-wenners sing liedjies van hul splinternuwe vierde CD en kyk na al die dinge in Suid-Afrika waaroor ons gaande is: diere, mense, tale, kos, dorpe en nog vele meer! Musiek waarna uitgesien kan word is Die Honger Haai, Klim op die Wa, Oe-la-la Lettie, Die Seekoei en dan ook ou gunstelinge soos Spring Op! en Die Krokodille.
Die vertoning bestaan uit vrolike musiek en dansbewegings en natuurlik sal daar ook altyd iets geleer word! Moet dit beslis nie misloop nie!
22 Des - Aspoestertjie - R50
Aspoestertjie is aweregs verwerk deur Gaerin Hauptfleisch en die geselskap en beloof om net soveel te vermaak soos Spektrum en Stercus Produksies se vorige toneelstukke Rooikappie en die Wolf, Raponsie, Jan en die Boontjierank en Sneeuwitjie en die sewe dwerge.
Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare Stiefma en dié se twee aaklige dogters. Faktotum Fourie is egter weer op die toneel op te help dat Aspoester by die bal uitkom om die prins se hart te verower en ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet. Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is sal gehore maar moet kom kyk!
Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste soos KKNK, Aardklop en die Woordfees nie, maar ook by skole, skoue en ander geleenthede regoor die hele land.
Vir besprekings skakel 021 979 1911 of besoek Die Boer se webtuiste
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

