"Kinders van die land" deur Rene Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Kinders van die land
Staan eenkant geplant
In ongelukkigheid want in hulle brand
Om van gister te vergeet en aan te hou hoop
Hulle siele verkoop
Vir ? beter lewe
Hulle te vergewe
Vir die mense wat nooit daar was
Hulle toegesluit het in die kas
Bring vrede vir die kinders van die land
Om van gister te vergeet
 
Ons almal was daar
Ons wou geweet het wat is waar
Maar nou kry ons net swaar
Want die lewe se towenaar
Se plan is klaar
Ons is hier
Dit is nou
Ons almal berou
Oor foute wat ons toe wil vou
 
Bewaar die kinders van die land
Wys hulle die regte kant
Vat my hand
En ons stap saam
Ons kan ? plan beraam
Wat is jou naam?
 
Kinders van die land
Die onbekende
Val ons aan soos ? bende
Om ons drome te versmoor
En al ons hoop te verloor
Maar wees sterk
En doen jou bes
Van noord, oos, suid en wes
Vermy die tong se mes
En dink aan ons kinders van die land
Om van gister te vergeet

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top