Kindermishandeling of bevryding vir Angus

  • 0

Angus – jy het nou wragtig my hele naweek bederf met daardie riller-video. Jy kon ’n man darem gewaarsku het! Dis nie net breinspoeling nie. Dit is kindermishandeling! En dan verklaar Kobus ewe vroom: “Daar is slegs één ware Godsdiens wat die kindertjies bevry ... “ Blablabla ... Bevry kindertjies van wat nogal? Goeie genade! Dis nie bevryding nie. Dis, kindermishandeling – misdaad – liewe hel! Die verantwoordelike behoort eintlik aangekla en vervolg te word.

Alle mense word vry van godsdiens gebore en geloof is ’n onnatuurlik en aangeleerde afwyking. Mense glo omdat hulle dit waaraan hulle glo by iemand gehoor het wat dit by iemand gehoor het wat dit by iemand ... Hoorsê-stories van nomadiese ongeletterde bokwagters. In gister se Rapport word berig dat 5 predikante nou ’n boek geskryf het waarin hulle verduidelik waarom hulle van die verhale in Die Bybel as onwaar en as versinsels verwerp. Mens kan maar net vertrou dat dit sal bydra om vir baie tot ander insigte te bring. As daar sprake van bevryding is dan is dit van godsdiens en geloof wat mense bevry moet word.

Groete

Panda

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top