Kiekies: 2014 Absa KKNK Kannas

  • 0

Die  2014 Absa KKNK se Kannas is Sondag 11 Mei by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad toegeken.

Melissa van der Spuy agter die klawers

Schalk Joubert en Vicky Davis

TT Cloete en Abraham H de Vries gesels.

Deon Maas en David Kramer

Deon Opperman en Mike van Graan in gesprek

Anna-Mart van der Merwe

TT Cloete het die "Afrikaans Onbeperk vir lewensbydrae"-toekenning ontvang. Sy dogter Thea Oberholzer het die commendatio gelewer.

TT Cloete het in sy bedankingstoespraak gesê dat pyn tot sy kreatiwiteit bygedra het.

By die geleentheid is Rhodé Snymanas nuwe uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk aangekondig.

Hannalie Taute het die Kanna vir "Beste visuele kunsaanbieding" vir haar uitstalling Rubber Ever After ontvang.

Pedro Kruger het die "Slurpie Kanna vir beste opkomende kunstenaar" aangekondig.

Richard September: Wenner van die "Slurpie Kanna vir beste opkomende kunstenaar" vir sy rol in Rondomskrik.

Hennie van Greunen het die commendatio gelewer vir Shaleen Surtie-Richards, wat 'n "Kuns Onbeperk vir vertolking"-toekenning ontvang het.

Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards en Hennie van Greunen

Christiaan Olwagen het die "Afrikaans Onbeperk vir 'n jong stem"-toekenning ontvang.

Zanne Stapelberg het saam met Anmari van der Westhuizen die Kanna vir "Beste klassieke musiekuitvoering" in ontvangs geneem vir die produksie Homage – 'n Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste.

Emo Adams het die Kanna vir "Beste musiekproduksie"vir die produksie Finding Emo ontvang.

Zolani Mahola, hoofsanger van Freshlyground, het die "Kuns Onbeperk Kruispunt"-toekenning ontvang. Karen Zoid het die commendatio gelewer.

Zolani Mahola

Waterpas het die Kanna vir "Beste komedie" gewen. Wessel Pretorius (skrywer van die teks) het die Kanna by Esther von Waltsleben ontvang.

Thandi Klaasen het 'n "Kuns Onbeperk vir lewensbydrae"-toekenning ontvang.

Dorothy Masuka het die commendatio vir Thandi Klaasen gelewer.

Thandi Klaasen

Die Kanna vir "Beste regie" is aan Jaco Bouwer toegeken vir Samsa-masjien.

'n Kuns Onbeperk-toekenning vir diens aan die KKNK is aan Franklin Sonn oorhandig. Randall van den Heever het die commendatio gelewer.

Franklin Sonn

Louis van Niekerk het die bydrae tot die Teaterbystandsfonds met groot waardering in ontvangs geneem. Die bydrae is ingesamel op vanjaar se ABSA KKNK Verebal, wat deur Anet Pienaar-Vosloo gereël is.

Die "Kuns Onbeperk vir vernuwende denke"-toekenning gaan vanjaar aan Jaco Bouwer. Saartjie Botha het die commendatio gelewer.

Die Kanna vir "Beste akteur – vroulik" is deur Antoinette Kellerman vir haar rol in Samsa-masjien gewen. Brendon Daniels het die prys oorhandig.

Die Kanna vir "Beste akteur – manlik" is deur Gerben Kamper vir sy rol in Samsa-masjien gewen.

'n "Afrikaans Onbeperk vir lewensbydrae"-toekenning is aan Koos Human gegee. Die commendatio is deur Abraham de Vries gelewer. Koos Human se vrou het die toekenning namens hom by Ton Vosloo ontvang.

Die Kanna vir "Beste teateraanbieding" sowel as die Kanna vir "Beste debuutwerk" is deur Dogma gewen. Regisseur en teksskrywer Christiaan Olwagen het dit in ontvangs geneem.

Sandra Prinsloo is met 'n "Kuns Onbeperk vir vertolking"-toekenning bekroon. Alexa Strachan het die commendatio gelewer.

Sandra Prinsloo

Coenie de Villiers is met 'n "Kuns Onbeperk Kruispunt"-toekenning bekroon. Brett Pyper het die commendatio gelewer.

Coenie de Villiers

Die Herrie Kanna vir kopverskuiwende werk is deur Samsa-masjien gewen. Jaco Bouwer het die prys van Suzette Celliers van ABSA ontvang.

Nataniël is met 'n "Afrikaans Onbeperk vir vernuwende denke"-toekenning bekroon. Marion Holm het die commendatio gelewer en die prys ook namens hom ontvang.

Thea Oberholzer en Karen Meiring

Shaleen Surtie-Richards saam met Tracey Lange, aanbieder van Bravo.

Japie Gouws van die ATKV

Jan-Jan Joubert

Niël Rademan en Rikus Kok

Theo en Magdel Kemp

Foto's © Naomi Bruwer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top