"Keuses" deur Jana-Shay Leigh

  • 0

Keuses

Liefde is 'n keuse
en keuses is belangrik
Bou my op
Breek my af
Hierdie gevoel is gevaarlik

REFREIN:
Veg vir wat jy dink
Veg vir wat jy voel
Veg vir wat jy met jou vingers doen
Maak dit reg
Maak dit vuil
Maak dit eg

Dis 'n groot besluit
'n Kans van verwyt
En spyt kom altyd te laat
maar dit bly vir ewig staan

REFREIN

En as die tyd reg is
sal als in plek wees
As die keuse gemaak is
sal ons in die Hemele wees
Daar bo
Daar in die mis
Waar als die seer uitwis

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top