Keuse
Ek het jou 'n keuse gegee of jy of ek
Jou stem is vol in hierdie plek
As die laaste woorde net was van liefde
Sou dinge dalk net bly soos dieselfde
My hart by God maar my liggaam by jou
Ek moes 'n keuse maak
'n Keuse wat ek wens jy saam my gemaak het
Want dalk sou ons saam die wenstreep behaal het
Maar vir nou hardloop ek die resies op my eie
Terwyl ek probeer gryp na enige hand
wat aanbied om saam my te stap


