Kennisgewing: Samekoms oor Afrikaans

  • 7

stellenbosch-lente

  • 7

Kommentaar

  • Stellenbosch Lente is heeltemal in orde, en verkieslik bo Stellenboschlente, veral op 'n kennisgewing. Die sch gevolg deur l maak dit moeiliker leesbaar.

  • Maak dit glad nie moeilik leesbaar nie; ek het geen moeite daarmee nie. Dis twee selfstandige naamwoorde vir 'n nuwe begrip ('Stellenbosch' is een begrip, 'lente' 'n ander begrip en 'Stellenboschlente' 'n derde begrip. Dit is nie heeltemal in orde nie, VERAL nie op 'n kennisgewing nie, want dit is verkeerd.

  • Beste Jan,
    Stellenboschlente is eintlik verkeerd volgens die Afrikaanse spelreëls. Dit behoort Stellenbosse lente te wees. Stellenboschstudente is verkeerd. Dit is Stellenbosse studente. Die probleem word geskep deur die vir Afrikaans ongewone -sch. Dit werk nie spellingsgewys met die besitlike 'se' nie. 'Sch' word ook /s/ uitgespreek.
    Groete,
    Angus

  • Beste Jan,
    Ek het gelees wat ek hierbo geskryf het, en ek weet sommer as jy eers met jou begrippe begin, sal jy nog nie verstaan nie. Kom ons neem ander voorbeelde. Verkeerd is Natallente, Pretoriawinter, Johannesburgmuseum, Bloemfonteindieretuin. Dit moet wees Natalse lente, Pretoriaanse winter, Johannesburgse museum, Bloemfonteinse dieretuin.

    Stellenboschse lente sal nie deug nie, want die /sch/ word buitendien /s/ uitgespreek, en lyk heel raar vir die Afrikaanse oog.
    Groete vanuit 'n egte Durbanse hitte,
    Angus

  • Beste Angus
    Wat jy hierbo sê maak 100% sin, dankie.
    Net 'n opmerking: Ek dink tog Stellenboschstudente kan reg wees; soos jy sê die 'sch' word as 'n 's' uitgespreek spesifief in die woord 'Stellenbosch' en bly steeds 'n 's' in enige verbuigings. Soos Du Preez wat Du Preez's word, of Le Roux wat Le Roux's word.
    Groete vanuit 'n tipiese Johannesburgse dag (heerlike weer hier in die hoëveld).

  • Beste Jan,
    Stellenboschstudente hinder my ook nie, en by die weerlees van die spelreëls kan dit so wees. Volgens die reëls kan dit dan ook wees Stellenbosch-studente en Stellenbosch studente. In die lys van woorde word slegs Stellenbosse studente gegee.
    My persoonlike mening is dat Stellenbosch+studente anglisisties is, want in Afrikaans praat jy tog van Stellenbosch se studente, (met die besitlike "se"). Die spelling "Stellenbosse studente" dui maar net die assimilasie tussen "Stellenbosch" en "se" aan. (Die spellingmakers beskou "Stellenbosse" as 'n afleiding!) Hulle gee ook bv Bloemfonteinmuseum, Bloemfontein Museum, en Bloefontein-museum as korrek aan. Ek dink dis anglisisties en dit behoort Bloemfonteinse museum te wees. Engelse praat van Durban weather, Cape Town buildings, terwyl ons Boere praat van Durbanse weer, Kaapstadse geboue en Namakwalandse blomme.

    Du Preez se meervoud is Du Preezs, en Le Roux is Le Rouxs.

    Groete uit 'n effens koeler Durbanse voorstad,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top