
Foto: Canva
Keffertjies
agter hekke blaf
vet klein kefferbrakkies
om pantoffelvoete
van boepens-dorpshuisbase
die brakkies blaf skrillend oopbek
en die base ignoreer die vloeke
voor hul ses voet doringdraad
onbetwisbaar bedonderd
in my bed skrik
elke kef en growwe voertsek
’n snoesige donskombers gevoel
en kinderlike winternagte wakker

