“Hallo, my naam is Kasper. Prins Kasper. Seun van Hertog Karel van Baden en Stephanie de Beauharnais, aangenome dogter van Napoleon. Pas na my geboorte, sestien jaar gelede, het my ouers my dood help versin sodat my pa se oom die titel kon erf. Sedertdien is ek in ’n donker sel aangehou met ’n strooibed, 2 houtperde en ’n hout hond. Ek het oorleef op brood en water. ’n Onbekende man het my leer loop. Hy’t my ook geleer om ’n paar woorde te praat en om my naam te skryf. Nou wil ek ’n berede soldaat word in die 6de regiment.”
Mens kan kaptein Wessenig, bevelvoerder van die 6de berede regiment, in 1828 gestasioneer in Nuremberg, seker nie kwalik neem dat hy nie so ’n storie sou aanvaar as die waarheid nie. Die liewe Kaspertjie was ook slim genoeg om dit te weet (selfs in ’n wêreld waar die mensdom geglo het dat die sentrale karakter in al die katedrale van al die groot stede deur ’n maagd in die lewe gebring is).
Daarom weerhou hy hom daarvan om die volle waarheid te praat en skryf hy slegs sy naam as Kaspar Hauser. Die enigste woorde wat hy uiter is: “Ek wil ’n berede soldaat wees soos my pa” en “Perd, Perd!”.
Hierna is hy van pleegouer na pleegouer gestuur. Sy storie het die publiek se verbeelding aangegryp en kort voor lank het mense begin bespiegel dat hy van koninklike afkoms is. Moontlik is hy die “oorlede” prins van Baden.
Vyf jaar na sy “aanmelding” vir diensplig, is Kasper onder geheimsinnige omstandighede oorlede aan ’n meswond, toegedien in ’n park naby die huis waar hy gewoon het. Dit het bespiegeling versterk dat dit inderdaad in staatsbelang was dat sy werklike identiteit nooit bekend mag word nie.

(Hier rus Casparus Hauser – Raaisel van sy tyd. Sy herkoms onbekend en sy dood geheimsinnig.)
Natuurlik het die Huis van Baden tot uiterstes gegaan om hierdie “mite” af te maak as populêre versinsel, en verskeie gerespekteerde burgers se getuienis en DNS-toetse, in Der Spiegel gepubliseer, is ingewin om die teendeel te bewys. In latere toetse in 2002 het die Instituut van Forensiese Medisyne van die Universiteit van Münster DNS-monsters geneem van haarlokke en klere wat aan Kasper behoort het. Hulle het ses verskillende monsters gevat, en al ses se DNS was identies. Die DNS van hierdie monsters het egter verskil van die DNS waarop die vorige gepubliseerde DNS-toetse gebaseer is – wat twyfel werp op die geloofwaardigheid van die vorige toetse. Die nuutste DNS-monsters is vergelyk met dié van ’n afstammeling in die vroulike lyn van Stephanie de Beauharnais. Die bevinding was dat alhoewel die DNS slegs 95% ooreengestem het, die verskil moontlik aan ’n mutasie toegeskryf kon word en dat die verkil nie groot genoeg was om die moontlikheid uit te sluit dat Kasper Hauser en die vroulike afstammeling wel aan mekaar verwant was nie.
Die Kasper Hauser-storie wil maar net nie gaan lê nie en 178 jaar nadat hy vermoor is, gaan die bespiegelinge oor die betekenis van die kort lewe van Kasper en wat sou gebeur het indien hy nie vermoor was nie, steeds voort. Terry Boardman, skrywer van die boek Where did Casper Hauser Come From?, lewer in Februarie 2012 die volgende kommentaar: “The idea that Kasper Hauser was the rightful Crown Prince of Baden is important because it explains that if he had been the prince of Baden in 1848 for example, at the time of the German revolution, then he might have ended up as the king of a united Germany. And if he had ended up as the king of a united Germany, then of course the whole history of Germany, central Europe and arguably the rest of the world would have been very different in the 20th century.” Indien jy in die volgende YouTube-greep by die neurotiese aanbiedingstyl van die onderhoudvoerder kan verby kyk en op 7 minute in begin kyk, dan bied die volgende insetsel verbysterende insigte in die hele Casper Hauser-enigma.
Wat my egter interesseer, is die metafisiese energie en teenwoordigheid wat deur hierdie weeskind van Europa agtergelaat is. Wat is dit wat gemaak het dat ’n hele kontinent se mense oor hierdie kind bespiegel het? Was dit iets in sy unieke persoonlikheid en charisma? Is daar ’n universele oermite opgesluit in sy lewensverhaal? Iets wat ’n bekende klok lui in die mens se kollektiewe geheue? Hoeveel soortgelyke stories is daar in die wêreld? Moses in die mandjie? Die kind wat deur wolwe grootgemaak is? Romulus en Remus se storie in die stigtingsverhaal van Rome? Tarzan wat deur die ape grootgemaak is. Die onskuldige natuurkind filosofiese fenomeen van Jean-Jacques Rousseau?
Verskeie boeke, gedigte, films en musiek, van rock tot opera, het deur die jare die lig gesien nadat Kaspertjie se storie die verbeelding van kunstenaars, skrywers, digters en musikante aangegryp het.
Paul Verlaine (saam met Arthur Rimbaud een van Bob Dylan se groot inspirasies) het die volgende aangrypende gedig oor hom geskryf:
|
Gaspard Hauser Chante Je suis venu calme orphelin A vingt ans un trouble nouveau Bien que sans patrie et sans roi Suis-je né trop tôt ou trop tard? |
Kasper Hauser Sing Ek het gekom as rustige weeskind Op ouderdom 20 broei ’n nuwe onrustigheid Alhoewel ek sonder vaderland en koning is Is ek te vroeg of te laat gebore? |
In 1974 word ’n Duitse film uitgereik wat handel oor die enigma van Kasper Hauser. Die tema is die vernietiging van onskuld. Die titel van die film is Jeder für sich und Gott gegen alle, losweg vertaal as: “Elke mens vir homself en God teen almal.” Hier is die lokprent:
In die volksmond is mettertyd magiese en bonatuurlike kragte aan die onskuldige Kaspertjie toegedig, attribute wat die moderne mens nou benodig om in ’n vinnig veranderende wêreld te oorleef. In 2012 word die meer moderne weergawe uitgereik as La leggenda di Kaspar Hauser.
Alhoewel ek die afgelope tyd ’n groot aanhanger van lang stiltes en ongekompliseerde akoestiese klanke geraak het, het hierdie onlangse uitreiking van Exotic Animal Petting Zoo – “Kaspar Hauser could see the stars in daytime” – my heerlik teruggeruk na die wonderwêreld van gróót groot klank:
No decadent with a crazy name.
On top of rocky hills he sets he gaze.
Upon streaks of golden rays his humility he sits for days rejects all praise.
And with piles of stones and some pretty feathers a handful of sand now he can predict the weather.
And the faces all want to know the hunt will show when the moon is low.
Stars they fall.
Fall upon an unknown son.
Waiting for the days he knows that just won’t last.
His eyes are focused they set the schemes but let God make the trees
everything else is undetermined.
Should you take him away from here.
Will you please bring him back.
Cause the harvest will suffer his unfinished play
the children become old so bored if he does not stay does not stay.
Where was he from. Where did he go.
Now the tortured lives takes himself by surprise
found him on the cellar floor blood dripping from side.Stars they fall.
Fall upon an unknown son.
Waited for the days he knew that just wouldn’t last.
His hands are folded in the shade he sleeps
Let god push the breeze everything else is undetermined.
As calm as the summer breeze he left with no apologies. Upon the hills through silhouettes
the cavalry can see everything.
Stars they fall.
Fall beneath a burning sun.
Lived through the days but how they ended so fast.
Cloaked in silence died with the schemes
they say god holds the keys everything else is.
We’ll never know. Never confess to it. The answers they all stay hidden.
No proof around. Untimely. Seems like a faded memory.
Ook Suzanne Vega is aangegryp deur die storie van hierdie weeskind met sy houtperd:
Suzanne Vega
Wooden Horse
I came out of the darkness
Holding one thing
A small white wooden horse
I'd been holding insideAnd when I'm dead
If you could tell them this
That what was wood became alive
What was wood became aliveIn the night the walls disappeared
In the day they returned
"I want to be a rider like my father"
Were the only words I could sayAnd when I'm dead
If you could tell them this
That what was wood became alive
What was wood became aliveAlive
And I fell under
A moving piece of sun
FreedomI came out of the darkness
Holding one thing
I know I have a power
I am afraid I may be killedBut when I'm dead
If you could tell them this
That what was wood became alive
What was wood became alive
Alive
Na ’n paar KlankKas-rubrieke is dit geen geheim meer wie my persoonlike “his master’s voice” is nie. So sing Georges Moustaki die bogenoemde gedig van Verlaine: “Gaspard”.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Baie dankie vir die transnasionale artikel en vir die video's van reaksies uit die kunswêreld. (Maar Moustaki klink altyd of hy vroegoggend in die huis sing en versigtig is om nie die ander mense wakker te maak nie).