Karin Brynard praat by die WAT

  • 0

Karin Brynard, bekroonde skrywer en  vryskutjoernalis, is op 21 Februarie die gas by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se eerste Woordpret van die jaar.  Haar eerste roman, Plaasmoord, is in 2009 bekroon met die Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns en die MNet Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (wat beteken dat haar roman die meeste potensiaal het om in 'n draaiboek verwerk te word).  Haar  tweede boek in die spanningsverhaalgenre, Onse Vaders, het in 2012 verskyn en is op sy beurt in 2013 bekroon met die ATKV Prosaprys en die M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie.

Jeanneret Momberg van Middelvlei,  sal van die landgoed se uitsoekwyne  kom bekendstel. Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en Karin kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop.  Daar sal ruim geleentheid vir deelname deur die gehoor wees.

Kaartjies kos R25.  Skakel Cecile of Tanja voor of op 19 Februarie  by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Daar is sitplek vir slegs 50 persone. Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top