
Foto: Canva
Kaptein
Vir JN
Kaptein
ek soek jou oral
Kaptein
jy het verdwyn
Kaptein
ons het nie gegroet nie
maar nou
is jou vlerke vry
wit in die wind
jou ankers gelig
jy’s reeds anderkant
vyfmylbank
op pad oopsee toe
en nou
Kaptein
en nou
moet ek desnoods
sonder jou
agterbly
alleen aan wal
sonder jou lag
jou meelewing
jou siniese wysheid
die murg in jou pype
jou insig tydens taai tye
maar jou stem, Kaptein
jou stem bly brand
bly my by
bly by Spookdraai weerklink
en jou lig
soos ’n lighuis
of ’n vreemde ster
skyn vêr
in die donker nag
en bly helder blink


Kommentaar
Baie aangrypend.
Raakvatwoorde oor 'n merkwaardige man wie se diep sporepad te vinnig opgehou het.
Ek bewonder jou woordkeuse. Mens kan die prentjie sien. Doen so voort.