Kapers, blyers en ouderdom

  • 1

Ek wonder self dikwels oor die erge onderdrukking wat nouse dae die nuwe woord is. Ons word mos altoos en met eentonige reëlmaat sekere frases, woorde en terme gevoer. As ons nie gaan vergaan weens aardverwarming (dit het baie gerieflik verander in klimaatsverandering omdat hulle stories nie een enkele een waar bewys is nie en nou is dit klimaatsverandering!), koeie wat te veel poep, vliegtuie wat te vinnig vlieg, karre wat ons verwoes, spoed wat doodmaak, sitplekgordels wat lewens red (dit is blykbaar bewys, wetenskaplik), Jan van Riebeeck en ja, die onderdrukstorie. 

Nie dat ons nie moet versigtig ry nie, en niemand sê daar’s niemand onderdruk nie, maar regtig? My voorsate het in hul minderheid teen die grootste empire ooit in die Hooglande hulself verset tot die punt waar Longshanks moes toegee dat hy hulp nodig het. Ek huldig nog steeds my direkte voorsaat wat by Stirling-brug probeer het en by Bannockburn deur sg onderdrukkers gedood is. 

Wat alles goed en reg was en gebeur het en slegs onthou word omdat dit so ingeprent is van geboorte af. Wat ek nie verstaan nie is hierdie nuwe slagoffermentaliteit waaronder sovele van ons mense ly. Ons het gesuffer, so iemand moet ons jammer kry, vergoed, betaal, boete doen. Die oues sit en kla om die vure, die jonges sit op hul selfone en tik en die wat kan vat die pad. Want mens kan net soveel van dieselfde storie inneem. 

Ek onthou toe ou Dok nog geleef het hoe hy ons midde in die sin stilgemaak het: "Ek wil nie hoor van die gekerm oor die nuwe regime nie. Wat doen jy?" was sy woorde letterlik daagliks. Staatskaping pla my regtig minder as wat 'n standaard stopstraat my pla. Want beide is vir my non-issues. Dit is die probleem van die sotte wat die stelsel daargestel het. 

Soos ou Dok beduie het: "Kom ons maak eerder planne om geld te maak ..." 

Enige kommissie, forensiese ontleding of watter nuwe terme hulle deesdae gebruik wat langer as 'n maand aanhou is besig om my en jou geld te mors. Of, wel, iemand se geld te mors. Die sg staatskaping-gesanik is 'n mediasirkus bedoel vir diegene wat nog sirkusse bywoon. Inherent polities en die hoermedia vreet dit op, want die media is banger om kosbare advertensies te verloor as wat hulle vir die reine waarheid is. Want sien, almal, die klaende minderheid het gesien waar die geld is. En hulle samel in teen die tempo van wit weerlig. 

Intussen teel ons mense soos rotte aan en bouvalle word gebou om die shack se planke beter te laat kyk en niemand sien die dermiljoene (meestal ongetel, want om mense te tel is ook deesdae nie polities korrek nie) wat letterlik die strate vol speel en binne 10 jaar gaan sorg vir die krisis wat al die "global warming" feeverhale na 'n kinderpartytjie gaan laat lyk nie. 

Die noodlot en my gene het verseker dat ek moes in daar waar politici net met lyfwagte in. As hulle blou ingevoerde hempies en kospakkies wil uitdeel. Daar waar niemand vir een enkele Watt krag of een liter water betaal nie. Waar SARS hyg en blaas en KYRO en JFK verkoop word vir minder as R10. Waar vleis op die straat verkoop word met brommers wat draai. Waar jy jou kar moet sluit. 

Punt is: Niemand weet wat vorentoe nie. Die hele spul (politici, media, ekonome, filosowe, akademici) rol vir ons 'n bol stront rond en ons vreet dit op. Die Chinees, die Pakistani, die Somaliër, die Nigeriër, die res van die aardbol het die goue gans gesien. Hulle maak geld en VAT DIT WEG. Ons media voer ons met snert en skinder nonsens. Ons glo dit. Daarom hardloop ons jongmense die wye wêreld vol rond op soek na niks. 

My groot vriend Mundino (ek gaan beduie wie en wat hy is) is vroeër die week ernstig gewond deur 'n rower. Sy sonde? Hy het 'n winkel oopgemaak en te vinnig vooruitgang gemaak op die verkeerde plek. 

Ons mense soek hul Eden in die woestyne van Australië of Engeland. Hulle gaan nog kwartels en manna jaag erger as die Jode van duisende jare gelede. Ek glo onwrikbaar in hierdie land en ons mense. Dis ons politici, ons media, ons magnate wat alles opfok. Nie die mense nie.

Groete uit Oesterland

oester

 

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Hoe maak mens nog regtig geld in "nuwe SA"? Eiendom word gekaap, karre word gekaap, selfs jou geld word gekaap uit jou bankrekening ... Soms moet mens daaraan dink, SARS kaap enige profyt van gebore Suid-Afrikaners!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top