"Kanse" deur Ivor Swartz

  • 0

Kanse

Almal sing oor hartseer en almal vra meer geld
bloedbelope vuis in die lug, nog ? skuldige saak
As ek kon voorspel hoe dinge sou eindig, sou ek ? plan wou maak
Maar kyk die wyser lê al voor twaalf en niemand wil opstaan

REFREIN:
Ek wonder, ek wonder gaan jy saam as ons gaan?
Ek wonder, ek wonder weet jy hoe ver is die maan?
Van my af, van jou af, miskien is dit nog nie te laat
Maar ek wonder, ek wonder gaan jy saam as ons gaan?

Die mense op die straat lyk nes ek, almal vol van hulself
Kardeur toe en ruit opgetrek, die straatkind sal mos verstaan
As ek kon voorspel hoe dinge sou eindig sou ek ? plan wou maak
Kyk, die wyser lê nog voor twaalf, miskien is daar ? kans

REFREIN

BRUG
? Kans om jou hart oop te maak, ? kans om jou vuis te laat sak
? Kans om te voel jy is nie alleen, ? kans om die waarheid te vier
? Kans om die varsheid van more te ruik, ? kans om te se ons is hier

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top