"Kan nie kla nie" deur Ivan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek word geruk aan my gees wat eindelik sleg is,
ek maak los al die gedagtes wat voor my oë gevleg is, 

genade eskapade,
speel my ore dood, 
maar ek is doof,
ek wil luister, maar ek sukkel,
ek kort ekstra prikkel,
want ek word getrek,
in meer as een aspek,
deur iets onperfek,
ek word verslint,
en ek word weer blind,

Ek word geruk aan my gees wat eindelik sleg is,
ek maak los al die gedagtes wat voor my oë gevleg is, 

daar was 'n blinde man op 'n tyd, 
wat almal net geïgnoreer het, maar later kom spyt,
want toe hy kon sien,
was almal nou sy vriend,
want deur sy blindheid kon hy aangryp,
dat sy redder was net so alleen,
net so alleen,
al was Hy,
God se seun, God se seun.

Ek word geruk aan my gees wat eindelik sleg is,
ek maak los al die gedagtes wat voor my oë gevleg is, 
genade eskapade,
speel my ore dood, my ore dood. 

maar ek kan nie kla nie, ek kan nie kla nie
dit gaan goed.
dit gaan goed

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top