"Kampvegter vir Liefde" deur Wesley Conradie

  • 0

Kampvegter vir Liefde

Ek is moeg van baklei teen die oorlog binne my
Ek lig my hande op, wit vlag wapper bo my kop
Hierdie geveg het my stukkend gebreek
Ek het te veel verloor, hier's my hart, ek gee oor

REFREIN:
Liefde kom neem beheer, ek lê my lewe neer
Sal jy kom opereer, verwyder my hart van teer
Breek my met nog 'n hou, terwyl jy karakter bou
My borskas in twee geskeur, kom snoei asseblief my seer
Ek weet jy kan genees, gee my 'n hart van vlees

My vel vertel 'n storie van gevaar en geweld
Dood in die oë gestaar, ek was 'n held
Ek is vuil en flenters, bedek met bloed en sweet
Hier's my hart in slenters, bedek dit met 'n nuwe kleed

BRUG:
Die liefde is nie blind nie
Dis net ons wat nie kan sien nie
Die liefde is verniet
Dis net ons wat dit nie verdien nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top