"Kamers vol kinders" deur Danie du Toit

  • 0

Kamers vol kinders

Pappa, sy sê ek het haar swanger gemaak
en al haar mense skree nou
dat ek weg moet raak

Ons was op teen die dak
om daar bo te slaap
Want almal was koud daaronder
wat kon ek maak?

Gaan bou ’n kamer vol kinders, en kinders vol drome

Pappa, sy kyk
gate in my
en neem dan haar straal van sonde
wat sy deur my ryg

Die dominee sê dat daar moeilikheid kom
en alles val om hier om my
en my ore drom

Gaan bou ’n kamer vol kinders, en kinders vol drome

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top