"Kamer van Haar Hart" deur Andre Fourie

  • 1

Kamer van Haar Hart

Foto’s teen haar mure
van historie en geslag
Oorloë en kulture
van lankal en vandag

KOOR:
Maar hier voel sy veilig
in die kamer van haar hart
Want gister is verlore
en môre is nog ’n dag
Want gister is verlore
maar môre is nog ’n dag

Gedrogte van skadu’s
wat oral teen die mure dans
Harmoniese klanke
van klawers in ? houtkas

As die grys die boomtoppe vryf
verander die dag na nag
Want elke dag word gevier
in ’n glorieuse nag

KOOR

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top