"Kalmte by jou" deur Nico Burger

  • 0

Kalmte by jou

Wanneer die suidoostewind stormsterk waai
Gister se voorbladnuus in ? warrelwind verdraai
Die see is grou en die wit perde jaag branders
Voetgangers strompel geboë, daar’s stof in my oë
Maar dan weet ek
Ek vind kalmte by jou

Wanneer die winterweer teen my vensters kom raas
Yswind wat die grade tot by vriespunt verhaas
En die reën weerkaats die straatlig in die pad
Druppels vertroebel my weë, voor die ruitveër daar vee
Maar dan weet ek
Ek vind warmte by jou

Wanneer die hittegolwe op die horison speel
? Snikhete kombers wat die landskap vergeel
En die son soos vuur, meedoënloos op sy wentelbaan
voete brand seer in die sand, roosblaar verlep in my hand
Maar dan weet ek
Ek vind lafenis by jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top