
Artist: Olivia M Coetzee aka "Livy van ie Rive" (bewoording en skets verskaf)
Wie gie vi enige een die reg om te sê wie djy kan wies? Dit hang siekerlik van jou af om te besluit wie of wat djy is. Toe ek begin het met universiteit, het my gesoek na my verliede oek begin. Daar was iets in leer wat my laat verlang het na my eie verliede. But waa begin mens, wan al die stories wat my ore gehoor het of my oë gesien het, het mense se gesigte en velle gedra wat nie soes ek of my familie lyk nie. Ek kan nog onthou hoe ek elke keer bly geraak het as ek ‘n bruin aktrise of akteur wie Kaaps praat of Engels praat, op TV gesien het. Ek was bly wan ek kon relate, wan unfortunately is ie liewe soe. Ôs is mos gebrainwash om te dink volgens die kleur van ‘n mens se vel. Soe wanne djy vi motivering soek, dan kry djy dit makliker by mense wie soes djy lyk, dink, of praat.
Toe Wayde van Niekerk soe ‘n paar maande trug die atletiekbaan aan die bran geslaan het met sy spoed, was daar niks oor hom te sê nie. Hy was maar net nog ‘n kallid boytjie wat probeer om sy liewe te change. Soes ek die bra lies, is hy maar op ie grond, plat type-a-guy, en worry die dinge nie vi hom ie. Die “bruin” mense het lawaai gemaak oor ie feit dat niemand oor hom praat ie. Op ie selle tyd het ie “bruin” mense oek besef dat dit pointless is om oo die dinge te kla, en dat die enigste way vi ôs om pride te herstel, in ôse gemeenskap, is as ôs dit self doen.
Hulle sê “kennis is mag” en hulle is reg. Wan dit was die kennis van ie wêreld en hoe dit draai wat my laat begin dink het oor myself, oo kallid wies, oo my “moeder”-taal en “vader”-taal.
Soes my kennis gegroei het, het my need om daai stories van my verliede te ken oek gegroei. Soes die kennis gegroei het, het die vrae oek meer geraak. Een van hulle was: Hoekom is ek kallid en nie swart ie? Ek wil gewiet het wat van my kallid wies maak my indigenous. Ek het gewonne nou wat is my kultuur dan? Ek dink ie daa was ’n tyd in my liewe voor universiteit wat ek gedink het aan my kultuur nie. Because hoeko sal djy dink oo iets wat djy dan gloe dat djy dit nie het ie?
Die taal wat ek praat, was ie myne nie, of soe het ek gedink. Die klere wat ek dra se history was jonger as wat ek is. My geestelikheid en my geloof kom ie uit Afrika uit ie, en soe aan, en soe aan. My hele uitkyk op ie liewe was niks meer as net om ‘n werk te kry wat my kon genoeg betaal om orraait te liewe. Ek het oek gewiet dat my werksgeleenthede was niks meer as Shoprite of Pick ‘n Pay nie en daai was vir my orraait.
Ek wou oek ie ‘n mert wies ie. Al op hoërskool het ek geleer dat ek ie die hart het om illegal te wies ie, al het ek net entjies vekoep. Om ‘n mert te wies moet djy djou vrou kan staan as ie melk dik raak. Ek tjank gou, dis al wat ek sal sê.
My punt is, wat ek kon doen met my liewe was ie veel ie, en daa was ie suksesvolle kallid mense wie ek kon gebruik het as role models ie.
Nou Augustus was ‘n wonderlike maand vi dié wat hulleself beskou as Suid-Afrikaners, but meer soe kallid Suid-Afrikaners. Hier praat ek nou van ie Olympics. Volgens my is die grootse ster van die Olympics ôs se eie Wayde van Niekerk. Die rede vi dit gaan ie net oor hy Suid-Afrika se eerste goue medalje huis toe gebring het ie, but dat hy die rekord van 17 jaar afgehaal et en laastens dat hy vi my en soe baie anne kallid mense laat voel het dat daa hoop is vi ‘n bietere liewe. Ek het met elke een van sy wedlope, van ie heats na die finals toe, vroegoggend wakke gesit om te kyk hoe daai seun ie wenpaal oo stiek. Met elke wen wat Wayde ôs gegie het, het my “kallid” hart hoeg op gespring, om hanne te klap. Elke kee was dit vi my ‘n bewys aan ie wêreld wat genoem is Suid-Afrika dat kallids meer is as net syplappe met vuil en pap bekke is, dat daa meer onne die kallid se vel aangaan as net gangsterism, tik, harregat vroumense, skinnebek-anties met rollers in hulle haare en ie Kaapse Klopse.
Kyk vi jouself hoe die kallid nasie se naam hoeg gehou word, deur films soes 4-corners, en ie onlangse release, Noem my Skollie. Reg genoeg, die narratives wat altyd deur kom in sulke films gat oo die gangster wat deur druk en uit die gemors uit kom, but daa is meer. Hoekom word daa nooit ‘n boehaai gemaak oo kallids wie presteer in anne areas van ie liewe nie? Hoekom is it orraait om ôs nasie dan soe af te druk, van ôse taal af na ôse history? At least nou is daa vi ôs Wayde van Niekerk, al het hy nou net ‘n hashtag geword, but daai memory is daa. Kyk vi die TV series Suid-Ooster: dis popula onne die mense because hulle kan met daai gesigte op ie skerm relate.
Om iemand in Suid-Afrika “coloured” te noem is deel van Suid-Afrika se Suid-Afrika wies. By elke vorm wat ek al nou soe ver in my liewe ingevul het, was daar daai ever-tergende blokkie genoem “Coloured” wat my lê en loer om my net soe ‘n bietjie te teister. Soes ek nou gegroei het in my indigenous vel in, het ek nou al probeer om die “Other”-boks te tick, en te skryf dat ek Nama is, maar iets het net ie reg gevoel daa oo nie. Om ‘n heritage te claim wat djy niks oo wiet ie het oek sy eie challenges. Wan daai connections of links wat ek soek lê diep weggestiek in my ouers, my ouma se geheue en in my voorouers se verliede in.
Reg genoeg, gedurende apartheid was ôs ie wit genoeg ie, en nou is ôs ie swart genoeg ie. Die wiel draai, en it lyk ôs hy bly net altyd op ie stap onne “genoeg wies” beland.
Iemand het in ‘n documentary wat gaan oor ie struggles van bruin mense gepraat oo hoe ôs as kallids die mayonnaise is van ie swart en wit toebroodjie in Suid-Afrika. Ek wiet nou nie soe mooi oo myself ‘n sandwich spread, of salad dressing, te noem nie, but miskien is daa krag in daai woorde. Miskien is kallids die glue van die nasie, miskien is it vi ôs om Suid-Afrika bymekaar te bring. Al voel it meeste van ie tyd soes Suid-Afrika die kallids net kredit gie wanne dit hulle pas. Soever in die rubrieke wat ek nou al in “Kaaps” geskryf het, was daa mee as ‘n paa mense wie voel dat dit orraait is om tien my taalgebruik te diskrimineer. Sonne dat hulle in ag neem wat my heenkome is, of wat my regte as Suid-Afrikaner is.
Hoe verkeerd is die hele situasie van “Coloured” wies in Suid-Afrika nou rêrig, dat die hele Wayde van Niekerk issue nou oo sy ras gaan en nie sy prestasie as ‘n Suid-Afrikaner ie? Hoekom is dit soe maklik, nou, vir some swart mense om ôs te sê dat ôs swart is en nie kallid ie. Een van my dosente op universiteit het my laat vestaan dat black consciousness moes deel wies van bruin mense se “menswies” gedurende apartheid. Dit was verwag van jou af, as bruin mens, om jouself te sien as swart. Daar was baie bruin mense wie soe gestaan het, wan hulle het vestaan waa oo dit gaan. Die ding is net dié: in baie swart mense se oë bly ek, as Olivia M Coetzee, ‘n kleurling.
Ek het al mee as ‘n paa persoonlike experiences gehad waa ek baie mooi laat vestaan was dat ek ie swart is ie. Soes ie een kee toe ek een van die 2015 Open Book Festival talks bygewoon het en toe ‘n “black” publicist laat weet het hoe sy net “black” werk sal publiseer. Sy het gesweer dat as ‘n manuscript met ‘n van soes Van Blerk, Van Schalkwyk, of soes ek dit verder vestaan, Engelbrecht, Coetzee, Koopman, op haar lessenaar beland, sal sy dit dadelik in ie drom gooi. Ek het dit wat sy gesê het gechallenge, wan hoe kan sy dit kwyt raak? Wat dan van my? Moet ek dan nou my hele veliede loep veranne en weg smyt net soedat ek gesien kan word?
Nou dit is heeltemal maklik om vi mense soes Wayde te sê “nie my outjie, but djy is swart”, ommat hy presteer het, but wat van ie res van ie so-called kallid ras? Daai mense met ie velore voortanne, wat se monne en tonge nie skaam is vi skinne, grootvloek of smile ie, of die kinners wat ie rêrig support by die huis kry nie, of ie mert wat miskien velang om sy matriek klaa te maak, wan hy hou van nommers. Of ie meisie wat droem van eendag aeroplanes of space toe wil gaan. Dis hoekal hulle wat role models nodag het, dis hoekal ôs wat sulke positiwiteit nodag het. Dit klink miskien klein, but as djy nie kan trots wies oor jouself ie, dan is djy mos soes ‘n vrugteboem wat ie blom ie. Of hoe!? Wayde van Niekerk se ma sê dat vi haa gaan it ie oor Wayde kallid is of ie kallid is ie. Natuurlik hoef dit ie daa oo te gaan nie, but ... Hie dink ek aan myself en soe baie anne mense “van kleur” wie nie rêrig daai support of role models gehad het toe ôs opgegroei het ie. Die stories wat ôs gehoor het was van mense wie nie ôse realities weerkaats het ie. Om iemand te wies was maa net altyd uit ôs se reach uit.
As Wayde wil identifiseer as swart, Suid-Afrikaans, of kallid, dan is dit sy reg, but volgens my is sy wen nie net ‘n wen vi Suid-Afrikaners ie, but oek vi mense wie kan proudly sê, voel en relate met daai bra. Wan hulle het rugby gespeel met hom toe hulle nog kinners was. Wan hulle kan hulleself sien in hom, wan hy praat soes hulle. Hulle kan droem om soes hy te wies, wan hy lyk ie selle soes hulle.
Soe, Suid-Afrika, as ôs hom wil claim as ‘n role model, gun ôs dit. Ôs is sieke nou net mooi siek om gesien te word as net druggies, gangsters, wille meire of willie-werkers.
Wayde, veskoon my, but volgens my is djy kallid, en volgens wat ek sien en hoo is djy kallid. My hart hunker na iemand soes djy om kallid te wies soedat ie laaities wat hie is, en daai wat nog kom, oek kan sien dat hulle het ie reg om te presteer en sukses te behaal hie in die land. Miskien is daai wen van jou ‘n wen genoeg om mee as ‘n paa kallid laaities weg van ie guns af baan toe te trek.
Ja, ek is Nama, but ek is eeste kallid en proudly soe!
Op ie oudedom van 16 was ‘n Goodhope fm dj by o’s skool. Hy het met ‘n mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa vandaan hulle kom. Ôs almal het op ie netbalbane se cement blad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra. “So who are you and where you from?” Heelwat op sy nerves. Ek it hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”
Bly te kenne!
Kommentaar
Mooi geskryf. Die Vrydag na Wayde se oorwinning stop ons by Vanrhynsdorp-petrolstasie en die petroljoggies het aanmekaar gebabbel oor Wayde. Jy kon die trots op hul gesigte sien - bloed is dikker as water.
Ek dink ie mense besef hoe diep die pyn lê. Ek dink oek ie ôs besef, as mense van kleur, dat daai pyn soe diep lê nie. En wanne daa iets gebeur soes in die geval met Wayde, dan is daa vi n paar sekondes stilte oo daai pyn wat Kallids soe verstoot ... En reg genoeg ôs lag in ie gesig van armoede en die liewe wat ôs liewe, but I promise you, daai hinker en smag na iets meer, iets bieter kan mens in oomblikke sien soes jy ervaar het Sarie. Dankie vi jou bydra, waardeur dit baie ...
Ek het dit geniet om te lees. Hou aan skryf?
Hierdie stuk herinner my aan James Joyce se bekende uitdrukking "modern man has an epidermis rather than a soul".
Nu dai isi move livy vani rive os mense wati nog check van hule colouredness ni moet n slag lup sit en dink want deesdae kry djy mosi wit bruinmense wat dink die son skyn onne hule voetsole uit but eks coloured en proud oorit danki dat djy mense se gedagtes wee lat rol en oopmaak becoz om coloured te wees is 'n blessing ,baie wili wiet hule is kallid ni but nu ja lati laaities uitstiek soos Wayde en almal agter meka staan os mense like mos meka afdruk mense jule moet meka bystaan asb livy praat regte gud en jule moet proud wies ... Ek staan saam met ju livy en djy is die skrywer wat almal soek want al wat djy hoo is engels danki vidi Afrikaaps ... Djy is yster en kla ...
Lua, dankie vir ie onnesteuning. Is waa dat daa Kallid mense is wie bieter af is as anners, but dis hulle reg oek om daa te wies wat hulle is. En soes djy it sê, ôs mense druk mekaa af, en vi wat. 'n Mens kan oek ie alles op die veliede blameer ie, but maybe net, maybe moet ôs dieper dink hoeko daai "wit-kallids" is. Die stukkie laat my dink aan die "potlood-toets", wat familiies geskei het ... eish naai rerig ... die pad is lank vorentoe ...
Thanks for this Liv! For the longest time, people have never really asked me 'are you coloured' they always assumed it because of my skin colour, but as soon as I spoke, they verified these assumptions as truth instead of listening to my truth. Furthermore, people assume that I'm ashamed of my coloured identity because I speak and write in English as if I'm trying to live up to a more superior ideal and negate the fact that I am coloured - why is it so hard to believe that despite this nuance, I'm proud to be coloured? I think that what you've written here is headstrong and thoughtful at the same time. I particularly like this bit:
"Wayde, veskoon my, but volgens my is djy kallid, en volgens wat ek sien en hoo is djy kallid. My hart hunker na iemand soes djy om kallid te wies soedat ie laaities wat hie is, en daai wat nog kom, oek kan sien dat hulle het ie reg om te presteer en sukses te behaal hie in die land. Miskien is daai wen van jou ‘n wen genoeg om mee as ‘n paa kallid laaities weg van ie guns af baan toe te trek."
Keep it up!
Dankie Nicole, ek waardeur al ie comments, but soe meer as mense soes djy kan relate waavan ek praat. Ek dink dat daa soeveel pride in it sit, wanne djy jouself die kans gie om jouself te wies. Djy laat dink my nog aan iets anners, in ie sense van hoe as mense hulle heenkome kan aanvaar soes dit is en oek realise dat daa anners is wie different is en dit aanvaar, dan sal Suid-Afrika 'n bietere kans staan om as land suksesvol te wies. Die pad is nog lank.
Fantasies,man!
Een ding van jou Livy - ek like dit was jy geskryf het. Skryf meerdere.
Alle Suid-Afrikaners was nog altyd kosbaar vir my. Ek stry nie met jou oor jou pyn nie, maar as Gauteng-inwoner loop ek in Kaapdorpies se strate om na die kosbare kallid-taal te luister. Die mense is stunning, die vroue is beeldskoon, die kultuur is die hoeksteen van Afrikaanse kulture. Hoe kan mense enige groep van ons wonderlike land uitstoot? Maar belangriker nog: wanneer kan ons begin sê ons is almal trotse Suid-Afrikaners? Wanneer haal die regering en die banke en ander instansies die RAS-BLOKKIE af van alle vorms? Ek het ook wakker gebly vir Wayde, en vir Caster. Hulle is my heroes ook 😀
Dankies aan julle amal vir die comments ... Ek hoop dat ôs verder kan praat oor ie dinge wat ôs land soe verskeer.
Lanklaas 'n artikel so geniet. Baie dankie dat jy jou wonderlike skryftalent en gevoelens deel. Sien uit na meer!
Groot Dankie Livy vannie Rive.
Nou net jou brief gelees terwyl my tone krul van lekkerkry; nie oor jou taal nie, nie oor die feit dat jy praat van kallids nie, maar jou assertion wat eintlik sê dat jy arrive het, dat jy hier is, nou, bloot net mens, mooi in al sy vorms. Sien ek's 'n kallid ouballie hie' op Stellenbosch en ek probeer maar oek 'n bydrae lewer. Deesdae sneuwel ek met al die gefacebook, pinterest en al daai goete. Die vingers oor die klawerbord, bly neuk na 'n kant toe wat sê dat ek ma' 'n victim is vannie tyd. Ma' ek verseg dit as ek probeer om die volheid van my mond en hart op papier te sit. Nou net hier op hierdie oomblik, afgeboek vi' ses wieke na 'n oumans-operasie wil ek alles uitplaas op papier oor eintlik wat hie' in my binneste aangaan. Skrywer van twee boeke oor ons een-oppe-tyd kallids(hel sus, ek trots hie'op) veral omdat ek dit alles met een vinger getik het. Ja,jy't seker dit noggie gelies nie ... makiesakie ... wat saak maak is jou teenwoordigheid oppie blaai; jou assertion dat jy as kallid meisie ... vrou ... gearrive het ... skryf sus, skryf ... die gesukkel is deel vannie storie dis hoekom ek nog allietyd biesag is met 'n derde boek ... niemand kan jou weerhou van jou talent nie, al word dit nie gebublish nie; dis die leegmaak en pynverlossing wattie verskil maak ...
Shoo Hilton, dis rêrig 'n eer vi my om te kan skryf. En mense soes jy kry wat my net inspireer om verder te skryf. Ek waardeer rêrig al ie support wat ek kry van amal af. Soes djy sê, vi my is die rêrig 'n situasie van ôs moet dit doen al is dit hoe seer of kom dit deur die stadige geklik-klak van met een vinger tik. Ek's dankbaar vi LitNet wat my die oppertunity gegie het om te kan connect met mense. Jy moet my direct na jou skryfwerk toe. Sal graag wil onnersteun, wan dit klink of jou stories somme heeltemal lekke gaan wees. Weereens dankie vir ie onnersteuning. Ek wens dat meer mense, Kallids, kan deel raak van die conversation. Nie vir enige redes om annes te exclude nie, but net oor ôs se stories, verliede en soe moet ôs mee connect ... Eish dankie Hilton.Dankie vir die inspiration. Lekker lies en lekker dag ...
Yep, the way it goes is the way it goes ... ons ontmoet mekaar oor die lug en soe salit wies as ons vinger opstiek om oek gerieken te word ... glo my vry ons het julle jongmense se stemme nodig sodat die mites oor ons kallids afgebriek kan word, maar nou moet jy oek verstaan dat ouballies soes ek ma' 'n anderste soort Afrikaans skryf ... jy wiet daai Afrikaans wat in 'n fabriek gemaak is ... suiwer(?) en ge-sign, ge-seal en ge-deliver vir vaderland en dies meer ... ek skryf ma' nou net so om 'n punt te maak dat daar absoluut niks verkeerd is met almal se uitdrukkings nie. And that includes our white counterparts ... ons moet wegkom van 'n eksklusiewe taal wat ons nog verder van mekaar wil dryf ... een van my groot digtershelde is Breyten B alhoewel hy nou in 'n taalstryd is waarmee ek nie saamstem nie ... iewers het hy 'n gedig hieroor geskryf en ek antwoord graag daarop met 'n eie(?) gedig(?) wat ek nou-nou gaan plaas ... om meer van my te weet google my naam...HILTON BISCOMBE
as die taal dan moet gaan
sal die sprankel
in my mond nog meer lewe vind
’n wêreld wat oopmaak
voorlangs die lig
wel te kenne, in riemsandale
maak ek nuwe vriende
soos Jesus
groet ek jou in ‘n nuutgemaakte taal
waar letters en begrip
als omhels wat lewe gee
’n varsheid dou-voor-dag
skoon in beeld en ongerep
dig ek
sonder reëls en ongeperk
oor die reghoek van hierdie blad
as taal dan moet gaan
sal ek dan die taal van miere kan verstaan
die stille hartklop van God binne voel
waar my mond my tongval opnuut verken
as ek dig en die werk van miere in alle ure doen
en groet
Shalom
Namaste
Salaam
Hello
in Boeddha-omhelsings
miljoene kere
sonder perke oor die diep kant van ’n gevoel
wat uitstip na die stilte van papegaaie
en hotnotsgot
as ek nog meer met nuut gemaakte woorde
die verkenning van ’n pelgrimstog karteer
in die volhuis van my vadere dus
in die volmond van moeders en dogters en vrouens
mans en seuns
oor geslagte heen
blom ek uit
gedy in die weerklank van ’n nuwe taal
in woordeboeke
heilige boeke
in ligtelaaie van hemelse pryk
kweek ek dus my taal nog meer
weer
en nog ’n keer
soos ’n behoortmens
in volheid en wee
hier
daar
weer
nog ’n keer
in Afrika
Stel-en-bos
per kerende pos
dig ek nou
“lê-lê bokka
soes ingelegte vis
inne blik,
voorkaaps nakaaps bokaaps
kweek ek nou
ons eie
ge-iemportid en ge-staail-de
taal
oppie noot en woord
wat lyflangs loep
in explorations
vanne poep
wat mensig en geheilig roep
en loep
waarrie kanniedood
soes eet-sum-more
bok-kroltjies
doodgooi
stywe koe’siesters
gladgly
inne ‘leven-in-one
ge-orange
en
als- ge-flywir
roep”.