
Foto: Unsplash.com
Kalbaskraal is dood
haar strate bloei
en dis kak
cause sy was once ’n mooi goose
as kinders het ons sonder vrees
haar paaie platgeloop
maar nou staan daar op elke hoek
’n gun en halwe baksteen
gereed om die onskuldiges uit te roei
maar maybe sal die gattas iets daaromtrent doen
’cause die naaiers is mos heroes


Kommentaar
Knap gedaan, rou uit die pen. Die pen is inderdaad magtiger as enige swaard of gun.
Baie gud gebedoel #onsdigter
Baie dankie, Jonathan en Raylene.
xoxo