"Jy’s My Black Widow in my Speedo" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Jy’s My Black Widow in my Speedo

Ek sien die gloed in jou oë en weet jy wag vir ? proposal
? Titanium ring en ? celeb om Wedding Bells te sing
Ek voel ? knop in my maag en ? rot wat aan my senuwee knaag
Jy soek dit alles nou maar ek het tyd nodig om hieraan herkou

REFREIN:
En ek sê kom ons pause eers die tyd en staan bietjie stil
Kom ons pause die tyd en raak vir eers stil
Laat die gedagte eers sy voete vind voordat ons dit met ? kus verbind
Ons liefde is nog te groen en die tyd is nog nie ryp
Kom ons pause die tyd anders is ons dalk later spyt

Ek sê tog elke dag dat ek is baie lief is vir jou
maar ek voel jy span ? web om my vas te kan hou
Jy is my Wimperpop, my Botox Queen, Playboy hasie en bagasie
Jy’s my Halloween Prinses en die Black Widow op my Speedo

REFREIN

Jy fluister dinge in my oor wat net ? man graag wil hoor
Ons het amazing memories wat ons nooit sal verloor
Kom ons maak eers ? promise net tussen jou en my
dat ons eers vir altyd net bymekaar sal bly

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top