Jy verstaan steeds nie, Wouter

  • 0

Hierdie gesprek raak nou snaaks, soos een van my werknemers altoos beduie.

Ek stel nie belang om vir of selfs namens jou te veg of te baklei of praat of te onderhandel nie. Ek vra die vrae oor prys. Ek kyk na wat die koste is om die produk te lewer en dit maak nie vir my sin nie. As daar mafia-tipe ouens is tussenin wat jou uitbuit is dit jou verlies as jy lag en betaal, is dit nie?

"Van die heup af skiet" etc etc etc ... Dit is juis as teenaanbod teen outjies soos jy wat weier om vir julleself, nugter te dink. Want jy aanvaar wat vir jou aangebied word ongeag. Jy vra nie vrae as dit ongemaklik is nie. Want jy skiet nie eens van die heup af nie, jy maak staat op ander om namens jou tot gevolgtrekkings te kom. En dan is jy die slaaf.

Punt vir punt:

Jy betaal van die duurste internet toegang in die ganse wêreld as jy jou versteekte kostes byreken. Kyk na jou Telkom rekening, (sug). Maar jy is tipies, eenvoudig te dankbaar vir iets wat jy eintlik feitlik verniet moes kry as jy jou bydraes tot op hede moet inreken. As jou internet toegang een enkele sent goedkoper is is dit goedkoper, is dit nie? Tog: Hoeveel betaal jy vir een gig en hoeveel kos dit Telkom of enige ander diensverskaffer om daardie een gig aan jou te lewer? Loop bereken die winsmarges, for fuck sakes man! Is jy ’n kluit dat jy met ’n lepel gevoer moet word? Selfs die regerende party maak al vir jare geraas daaroor? Herre, skrik verdomp wakker uit jou sluimerslaap vir ’n slag man! En net terloops: Jy betaal vir elke liewe bit of megabit of wat ook al wat ek gebruik want vir my is dit ’n WETTIGE eis by SARS. Jy subsidieer dus nie net die deursnee tenderpreneur nie, maar sommer vir ou Oester ook. Begin jy die ironie insien?

Tolgelde: Die tolstelsel sal voor einde 2012 in werking wees. Hou hierdie skrywe en reageer daarop teen einde volgende jaar. Die tolgelde sal wel verlaag word vir die eerste ses maande of wat, maar daarna sal "onvoorsiene kostes" die tariewe moet opstoot. Dit is hoe enige nuwe produk "op die mark kom" en ek is verstom dat jy dit nou nog nie besef nie. Die burgery sal nie veel meer kla as nou nie, veral nie gesien die gerugte dat die enigste outjies wat in elk geval potensieel die meeste geraas kan maak reeds belowe is dat hulle baie laer tariewe sal betaal nie. (SUG) (Lees die koerante en moenie my heupskiet-kak glo nie.)

NGD: Jy gaan betaal vir my as ek loop le in die hospitaal. Jy gaan betaal vir jou privaat hospitaal en dan gaan jy boonop nog hoes vir my ook. Dan lê ek reg langs jou. En dit gaan jou en ander belastingbetalers ten minste R200 biljoen per jaar kos. Ek kla nie, solank dromers soos jy net aanhou hoes.

Korrupsie: Vergelyk die getal verdoemende verslae met die skuldigbevindings. Jy leef in Lalaland, dude. Ek kla egter nie, want ek stel dit weer op rekord: As ek ’n spietkop kan omkoop sal ek dit doen. As ek ’n beampte kan omkoop om ’n tender te kry sal ek dit doen. Ek het hoegenaamd geen gewetenswroeging daaroor nie. Ek dink hoegenaamd nie dit is verkeerd (vir my) nie want die deursnee politikus word in elk geval verdink daarvan en nie jy of enigiemand anders kla daaroor nie. Jy probeer dit relativeer en hoe meer jy dit doen hoe meer geld maak ek uit slim outjies soos jy.

Jy noem die mooi woordjie media: (hopelik plaas jy nie jou hoop op hulle nie. Of noudat ek weer dink: hopelik doen jy) Dink jy werklik ’n koerant soos, mmmm, se maar Beeld sal verdoemende en ondersoekende berigte plaas oor sy grootste inkomste-genereerder? As ek die baas van Beeld (sug – ek weet die aandele-belange ens) was, sou ek vir Pick ’n Pay uithaal as hulle 1000% wins toon op ’n sekere produk? Dit sal sinneloos wees, want ek moet dink aan outjies soos jy wat ’n aandeel of twee het.

Ek het nie slim aanhalings vir jou nie bloot net ’n ou gesegde van my heup af: "A fool and his money are soon parted." En dit is presies hoekom ek nie nodig het om ure lank te sit en oordink of dik boeke aan te haal nie. Ek het ’n verstand gekry om self dinge te probeer ontsyfer. Ek is geleer om self dinge uit te werk en te ondersoek as dit nie vir my sin maak nie. En deesdae maak bitter min dinge sin presies omdat ek self deel is van die proses om jou van jou swaar verdiende sente te verlos. Iets wat jy nooit sal lees in ’n boek nie is ’n baie eenvoudige beginsel: Jy kan filosofeer en droom tot jy dronk of dood is. As jy nie geld het nie is jy in jou moer. Geld maak jou vry deesdae, nie dik boeke nie. Ek het probeer illustreer hoe jy verneuk word en jy help my uiteindelik om te wys dat ek nie so ver afgedwaal het nie.

Ons praat van die begin af by mekaar verby en ek mors kosbare tyd.

Groete uit Oesterland

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top