"Jy speel woer-woer met my hart" deur Rinus Lotz

  • 0

Jy speel woer-woer met my hart

Ek moet myself beteuel, want jy’t my hart gesteel
Jy’t so sexy gedans toe ons favourite song speel
Ek het jou om jou oulike lyfie gegryp
Vir jou gefluister jy’s soos ? diamant geslyp

Ek het jou gedraai en ek het jou geswaai
op- en afgetel en in die rondte gedraai
Jy’t het stywer met ywer aan my vas geklou
ek wens so ek kan jou net vir ewig vashou

BRUG:
Want jy kyk diep, dieper, diepste in my oë
En ek voel hoe dompel my hart onderstebo

REFREIN:
Want jy speel woer-woer met my hart
En ek like ’it, ek like ’it as jy my so tart
En my knieë voel lam en tam oor jou
Terwyl ek verdrink in jou oë se blou
En ek weet jy’s myne, net myne
Net myne

Jy soen my soet-soet, saggies, snoesig in my nek
tot jy elke liewe senuwee in my lyf verwek
Ek voel hoe my hart vinniger klop teen aan jou lyf
Dis net jy wat al die stress uit my lyf uit kan dryf

En ek wens, wens, wens dat jy vir nou kan ophou
wil jou net huis toe vat, wil jou in my lyf kan toevou
Ons moet die heel aand speel, in ons lywe verdrink
Sonder jou hier langs my kan ek myself nie indink

BRUG

REFREIN

Jy maak my mal, maller, malste, ek gaan my kop verloor
Ek wens dit wil nie ophou nie, kom ons doen dit oor en oor

BRUG

REFREIN

Net myne (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top