Jy mag nie doodslaan nie!

  • 6

Dít staan in my Afrikaanse Bybel, naamlik in Deuteronomium 5 vers 17.

Hierdie kopie is in 1933 die eerste keer uitgegee, hersien in 1953 en is die elfde druk van 1996.

Ek het hier ook 'n ou Nederlandse Bybel, "DOOR LAST VAN DE HOOG MOG. HEEREN STATEN GENERAAL DER VEREENIGDE NEDERLANDEN." Dit is in 1899 gedruk.

Hulle sê nogal daarby "UIT DE OORSPRONKELIJKE TALEN IN ONZE NEDERLANDSCHE GETROUWELIJK OVERGEZET", en het presies dieselfde vers as die Bogenoemde Afrikaanse Bybel, wat in Nederlands soos volg lees: "Gij zult niet doodslaan."

Dan het ek laastens 'n Engelse Bybel, "The Bible Authorized Version", met geen datums aangedui nie. Daarin staan eenvoudig en duidelik : "Thou shalt not kill."

Nou is daar sekere persone, moontlik van betwyfelbare karakter, hier op SêNet bedrywig wat ons vertel die ou vertalings is verkeerd, die regte vertaling van die Hebreeuse oorspronklike sal wees : "Jy mag nie moord pleeg nie."

Hoe moet ek nou weet wat is reg? Hoeveel mense is dalk oor eeue heen mislei deur verkeerde vertalings van baie verse, indien die ouer verse dan wel verkeerd is? Hoeveel mense is al hel toe omdat hulle die Bybel geglo het, wat toe net verkeerd vertaal is?

Hierdie is 'n ernstige saak en moet in die parlement bespreek word!

Pieter

  • 6

Kommentaar

  • Pieter,

    Wat is jou agenda? Ek het so idee jy is 'n bekende ongelowige hier op SêNet wat reaksie wil uitlok?

  • Chris Dippenaar

    Hello Trienie

    Ek dink Pieter mors maar net 'n bietjie met die van ons wat alles altyd so ernstig opneem. Kom ons lag maar saam met hom.

    Chris

  • Ek lees jou storie Pieter en respekteer jou opinie. Ek is geneig om saam met jou saam te stem oor die vleis-eet-storie, nie oor die doodslaan nie maar oor die flippen prys van vleis. Dis darem nou hond duur om vleis te vreet. Sal maar my oogtanne moet laat trek, want daar's mos nie meer nut vir hulle nie. In elke geval ek is nou al moeg om polonie te braai.  Ek kan nog onthou toe dit geil met my gegaan het, het ek as ek lus voel vir groente sommer ook vark of hoender gevreet. Sterkte met jou dieet. Weet nie wat jy eet nie, maar ek verlustig my aan 'n homp proteïene met 'n been aan. 

  • Hello, 

     
    Hierdie persoon van twyfelagtige karakter was die enigste een wat met sy  eerste kommentaar jou glad nie as 'n gek afgemaak het nie, Met my tweede kommentaar 'n ontleding aangebied waarmee ek bekend is wat as 'n ondersteuning gelees kan word vir jou aanbieding van die verhaal in Eden en vandag die argumente van Peter Singer aangebied as ondersteuning vir jou argumente sonder dat ek gedraai het na die Bybel. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Briefskrywer Pieter

    Jammer Wouter, dit was nie ernstig bedoel nie, ek bedoel die "twyfelagtige karakter".

    Pieter

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top