Ek weet nie waar jy aan jou feite kom nie want die werklikheid is:
“Illegal Chinese medicine trade fuels brutal rhino poaching” – Greenfudge.org
“Rhino Farms in China: Stimulating Illegal Trade, Fuelling Demand for Rhino Horn” – Bush Warriors
“Dissent Magazine – Arguing The World” – Rhino Poaching
Ivoor? Jissus, dude!
Ek is nie lus om te hanna-hanna met lang argumente nie. Ek kan vir jou letterlik honderde gerespekteerde bronne aanhaal wat jou woorde as die normale liegstories openbaar maar ek dink nie jy stel belang nie. Dat daar "Afrikaners" is wat hulself skuldig maak aan die jag van renosters is waar en niemand het dit al ooit ontken nie. Net soos wat daar mense van letterlik alle rasse in hierdie Afrika is wat dit doen. Punt is, en ek dink jy ignoreer dit baie gerieflik: Daar is ’n baie groot mark in spesifiek Sjina vir renosterhoring, ivoor, perlemoen, skilpaaie, haaivinne (spesifiek "great whites" – bedrae van $2 000 per kg doen die rondte hierso), ens ens ens. Dink ’n slag vir jouself logies: As jy $50 000 kan kry vir ’n uur se werk ... As jy weet die wette is slap en as die Sjinees of Koreaan die produk by jou optel en jou waarborg dat al jou regskostes betaal sal word wat sal jy doen? En terloops, net as voorbeeld: Kyk bietjie na die manne wat gevang is met onwettige perlemoen ... Kyk bietjie wie die outjies is wat hul regskostes betaal: Sjinese burgers. Hier by ons is ’n ou bekende: Rasta. Hy lag oop en bloot vir die polisie en natuurbewaring want hy word aangekla en kom los. Keer op keer. Ek is van gedagte dat dieselfde met renosterstropers gebeur.
"Koors en dies meer?” Brei bietjie uit jy wat jou uitgee as outoriteit? Ek sou bitter graag spesifiek van ... en dies meer wil weet. Dis goed die ou SêNet is terug, want ten minste kan ons jou nou weer uithaal as die leuenaar wat jy is. Onthou hierdie briefie, want ek hou telling van elkeen van jou liegstories en ek is seker baie ander mense doen dit ook.
oester

