Jy is

Jy is ’n tuin vol appels wat blinkryprooi aan bome beur;
die son wat druiwekorrels vol laat uitswel –
ryp aan vog, aan geur.
Jy’s die kobalt in die brander
wat wít perd na die strand;
die son wat blink op water
terwyl die wêreld om ons brand.


Kommentaar
Ongelooflik mooi!
Pragtig!
Baie mooi, Thilde.
Ek lees met al my sintuie! Loflik mooi.
Baie dankie!