Thilde is in 1964 in Boksburg gebore en matrikuleer in 1982 aan die Hoërskool Alberton. Sy behaal die grade BA (Ed) aan die Universiteit van Pretoria (Tuks) en ’n BA (Hons.) in Afrikaans/Nederlands aan Unisa.
In 1987 begin sy haar loopbaan as onderwyser (Engels Tweedetaal) by Hoërskool Hartbeespoort. Daarna skuif sy Pretoria toe en bied Afrikaans- en Engels Eerstetaal vir Gr 8 – Gr 12 aan.
Aan die einde van 2019 verhuis Thilde en haar wederhelf na Nederland. Hulle woon tans in Den Haag.
In 2020 skryf Thilde in by SA Writer’s College vir die ‘Skryf ’n Roman’-kursus. Tussendeur is sy lief daarvoor om gedagtes neer te pen en skryf sy by voorkeur sg. ‘praatverse’.