Jy is my seun

  • 6

Foto:Canva

Jy is my seun

Oral waar ek gaan, daar is jy ook
Wanneer hou dit dan op?
As jy slaap, rol jy jouself in my arms in
Word jy wakker, dan’s ek die eerste ding wat jy vind
Van vroeg tot laat klou jy aan my rokspant vas
Gaan ek regs, is jy daar
Gaan ek links, daar is jy ook
Tot in die gemak van my badkamer-uur vind jy my tog
Met jou klein handjies om my nek, altyd reg vir ’n geklouter
Daar’s geen hoek waar jou klein voetjies my nie opspoor nie.
Geen grot kan ek wegkruip waar jou skreiende stem my stilte nie deurboor nie
Nêrens kan ek onverstoord bly

Maar deur al jou geraas en onbeteueldheid
Roer jy steeds my hart, want jy is my seun.
O ja, jy is my lieflingseun

  • 6

Kommentaar

  • I enjoyed reading the poem as it includes great writing skills and it speaks to me as a reader .

  • Muhammad Zain Gordon

    Absolutely amazing, I'm so proud of who you've become. Keep up and remain on this path, success is inevitable

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top