Jy is my metafoor

  • 1

Jy is my metafoor
vir liefde,
'n personifikasie,
in 'n taal wat my hart verstaan.
Die diep-in-jou-kyk is 'n metafoor vir
"ek het jou lief",
en my oë sê dit vir jou terug.
Om jou by my te hê
vul my aan,
maar dis
jou aanraking wat sê jy is naby my.
Naby soos 'n deel van my,
naby my soos die bloed
binne my is jy.
Binne my is jy,
al is jy ver,
want jy is die taal wat my hart verstaan,
'n personifikasie.
Want jy,
jy is my metafoor,
vir liefde.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top