Jy het gekom

  • 4

floris_a_brownek het gedink geglo
jy kom nie meer
sewe jaar is lank te lank
die meeste van jou kinders is dood
op die wyd uitgestrekte
vlaktes en wolke-
krabbers
lê oorblyfsels baie
beendere gras groei
nie meer soos in dor
my goedjies lê ingepak
my gordyntjies toegetrek
ek maak gereed om te trek
soos swaeltjies Noord-Suid
die meeste vog is uit my huid
ek wou nog vanoggend my
laaste asem blaas
is dit 'n sagte klop
aan my vensters met
'n sagte windgeluid daaragter
wat ek hoor ... jy slaan
harder aan my deure
my vensters tril
wind ruk my dakplate
soos jy verwoestend kom
om weer eens lewe in alles te blaas
O reën, o reën, o reën
jy het gekom ...

  • 4

Kommentaar

  • Hierdie gedig openbaar die toestand van ons land; veral die droogte wat tans in groot dele voorkom.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top