"Jy en die liefde" deur Michael Laubscher

  • 0

Jy en die liefde

Ek sing Bob Dylan en jy sing saam
Terwyl ons prentjies trek op die maan
Ek kyk in jou oë en jy kyk verder
Tot my hart se goed wat skuinslê
Ek verlang na die Boland en die berg
En hoe die sonstrale die see terg
Dis jou soene wat my terugbring
Na jou hart se liefdeskring

Koor

Jy en die liefde loop saam
En ek is ook by
Jy en die liefde het my kom haal
En nou fluister dit my naam

Ek wonder oor die sterre daar bo
En jy vertel my dis goed om te glo
Ek loop spore op die strand
En jy lei my tot by God se hand
Ek hoop vir die vrede se streel
En bid deur alles bly ons heel
Jou arms trek my naby
Tot waar die donker  my nie meer kan steel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top