"Jy’t vir my die liefde kom aandra" deur Michael Laubscher
2011-11-09 Engele en duiwels loop langs mekaarMaar jy help my om die tekens te gewaar
So waai ons liefde die wye wêreld vol
Van vlaktes verlaat tot geknipte doringdraad
By branders wat breek terwyl die mis aanrol
en die son die dag stadig agterlaat
Ek kan nie ons liefde vasvang in ’n woord
Maar jy vertel my dis soos dit hoort
