"Jy dink waaroor jy lag, maar jy weet waaroor jy huil" deur Wynand de Kock

  • 0

Jy dink waaroor jy lag, maar jy weet waaroor jy huil

Dis ’n keuse op sy eie,
Maar dit gaan gepaard met seer.
Wat moet ek doen,
Om weer lewendig te voel?
Help my om te vergeet,
Van al die verkeerd
Vergewe my vir ’n doellose lewe,
My vaal keuses.

Dis tevergeefs om te dink,
Sinvol om te weet.
Hoekom wil ek lag,
Sodra dit voel ek wil huil?

Soms verbeel ek myself,
Dus nutteloos om in jou psige te delf.
Die fout lê weg van jou.
Daar is ’n storie wat geheim hou word,
Omdat.

Dis tevergeefs om te dink,
Sinvol om te weet.
Hoekom wil ek lag,
Sodra dit voel ek wil huil?

My lewe is gesluit
Vir my word daar besluit,
Wil ek nou hier uit,
Of moet ek wag vir die regte tyd?
Jy lyk soos ’n bloeisel in die lente,
Jou gedagtes dwaal,
Selfs jou hart het al ander kliënte.
Ek kontempleer al weer.

Dis tevergeefs om te dink,
Sinvol om te weet.
Hoekom wil ek lag,
Sodra dit voel ek wil huil?

Dis maklik om te vergeet
Hoe kwesbaar ons is
Van die selfverwyt.

Dis einde—loos
Gaan my selfrespek weg?
Of is dit ’n klassieke liefdesgeveg?
As ek daaraan dink
Sal my lag insink,
Maar as ek dit weet
Sal huil,
Die lag vergeet?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top