"Jy" deur Frans Massyn

  • 0

Jy

Jy is so rein, so teer en skoon
so wonderlik gaaf en fyn
Waar jy in skoonheid verhewe troon
sal altyd goue sonlig skyn

Jy is die polsslag van my lewe
jy is die liedjie in my hart
Jy gee rigting na my strewe
en verlig my daaglikse smart

Ek wens ek was die regte een
wat aan jou geluk kon bring
Jy in stilligheid nooit meer ween
en ek met tere liefde jou omring

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top